DA onderskat die Cyril-faktor
DA onderskat die Cyril-faktor

DA onderskat die Cyril-faktor

Henry Jeffreys - Niemand sal beter as pres. Cyril Ramaphosa besef dat ’n goeie toespraak nie probleme, veral soos dié van Suid-Afrika, kan oplos nie.

Ramaphosa se staatsrede Donderdagaand was ’n goeie een, van die beste die afgelope nege jaar. Uit met die sukkelende gestotter van oudpres. Jacob Zuma en in met visioenêre, planmatige voornemens. Nie liries soos oudpres. Thabo Mbeki nie, net ’n sinvolle, plat-op-die-aarde-ontleding van die nasionale problematiek en hoe ons daaruit kan kom.

Dit was ten beste hoopgewend en ’n rigtingwyser van wat moontlik is. Dit help mense om van nuwe uitkomste en ’n beter toekoms te droom. Glo my, Suid-Afrikaners het dit nodig. Die dag as ons nie meer kan droom of hoop nie, sal dit inderdaad nag wees.

Opposisiepartye was vinnig en skerp in hul veroordeling van die staatsrede. Dit is hul werk en behoort nie te verras nie. Tog wonder ek of hulle nie meer oorwoë krediet kon gee nie.

LIGPUNTE IN STAATSREDE

’n Ligpunt in die staatsrede was dat dit sonder die beloofde ontwrigting deur die EFF gelewer is.

’n Ligpunt in die staatsrede was dat dit sonder die beloofde ontwrigting deur die EFF gelewer is.

Ramaphosa het nie veel besonderhede gegee nie, maar het aangedui dat hy vooraf gesprekke met Julius Malema, EFF-leier, en die DA se Mmusi Maimane, gehad het.

Behalwe vir ’n onderonsie tussen ’n EFF-LP en ’n polisielid ná die toespraak, het die aand sonder enige ander voorvalle van konfrontasie verloop – wat ’n groot verligting was.

’n Aankondiging deur die president wat baie aandag gekry het, was oor die vestiging van ’n spesiale eenheid in die nasionale vervolgingsgesag (NVG) om spesifiek korrupsie te ondersoek.

Mense het dadelik tot die slotsom gekom dat dit die herinstelling van die ou Skerpioene is. Dit is nie in soveel woorde gesê nie, maar word as sulks aanvaar. Meer besonderhede is nodig.

WIL KORRUPTES VASVAT

Uit die staatsrede blyk dit duidelik dat Ramaphosa vasberade is om korruptes, insluitend dié in sy eie party, vas te vat. Verskeie ANC-hoës se name is voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping genoem.

Die groot vraag in vanjaar se verkiesing sal wees of Ramaphosa erns het om die korruptes in sy party vas te vat. Daar kan afgelei word dat hy inderdaad ernstig is, en die opdrag aan die nuwe NVG-hoof, Shamila Batohi, blyk in hierdie verband duidelik te wees.

Die groot vraag in vanjaar se verkiesing sal wees of Ramaphosa erns het om die korruptes in sy party vas te vat.

Haar pogings moet nou volledig ondersteun word met die nodige finansiële en menslike hulpbronne.

Die DA het intussen die afgelope naweek te kenne gegee dat hy nie glo dat Ramaphosa deel van die oplossing is nie.

Sy federale raad, die party se hoogste besluitnemingstruktuur, het sy laaste vergadering voor die verkiesing gehou en met veel bravade aangekondig dat die party oorgehaal is om Gauteng en dalk ook die Noord-Kaap te wen.

Die DA verwerp die bevindinge van meningspeilings dat hy gaan kleitrap in die verkiesing en verkies om sy eie, interne peilings te glo.

ONDERSKAT IMPAK

Persoonlik glo ek die DA misreken hom en onderskat heeltemal die impak van sy eie interne probleme op sy verkiesbaarheid. Ek dink ook die party onderskat die Ramaphosa-faktor by kiesers.

Hoe ook al, Ramaphosa kan nie op sy louere rus nie. Hy het nog baie werk om te doen en moet veral sy oog op mense in sy eie party en binnekring hou. Ook op die Zuma-faktor.

Tot dusver lyk dit of sy proses om vertroue in sy leierskap te bou vrugte afwerp, veral onder nie-ANC-kiesers wat nie aptyt het vir enige van die opposisiepartye nie.

Die verkiesing is nog lank nie die ANC s’n om te verloor nie. Met Rama­phosa aan die stuur is sy kanse egter beter as wat dit met Zuma sou wees. Ramaphosa se gunsteling-sêding Donderdagaand was: “Watch this space.” Dis presies wat oor die verkiesing ook gesê kan word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.88 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.66 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%