D-dag vir antwoorde oor toerisme se Kora-miljoene
D-dag vir antwoorde oor toerisme se Kora-miljoene

D-dag vir antwoorde oor toerisme se Kora-miljoene

Die verhoor van die omstrede kontinentale musiektoekennings wat nooit in 2016 plaasgevind het nie, sal na verwagting volgende week afskop.
Yandi Du Plessis
Ellanie Smit – 'n Regstryd oor miljoene dollars wat verlore gegaan het weens 'n mislukte musiektoekenningsaand sal uiteindelik volgende week in die hof draai.

Die saak tussen die Namibiese Toerismeraad (NTB) en Mundial Telecom Sarl aangaande die Kora-musiektoekennings, wat al sedert 2016 beplan word, dien van Maandag af in die Windhoekse hoërhof.

Volgens die jongste hofbevel – wat op 12 April uitgereik is ná die voorverhoorverrigtinge – het die partye bevestig die saak is “gereed vir verhoor”, en NTB sal met die verrigtinge begin.

Regter Herman Oosthuizen sal die hofverrigtinge behartig.

NTB het Mundial Telecom Sarl en mnr. Ernest Adjovi, die eienaar van die Kora-handelsmerk, en mnr. Tonata Shiimi in September 2016 vir N$23,5 miljoen – plus 20% rente – gedagvaar. Dit is die bedrag wat hulle betaal het vir 'n “Platinum Toerismepakket” wat hulle nooit ontvang het nie.

Dié pakket moes verseker dat promosie-inhoud oor Namibië tydens die toekenningsgeleentheid oor Afrika uitgesaai word.

Mundial besit die regte om die Kora-toekennings aan te bied, terwyl Adjovi as president van die maatskappy opgetree het en Shiimi die nasionale direkteur van die toekennings was.



VERDAG

Die saak sou in 2019 voor die hof gedien het, maar is uitgestel totdat die NTB se verteenwoordigende prokureur, mnr. Kaijata Kangueehi, se ampstermyn as waarnemende regter geëindig het.

Die saak sou skielik agter geslote deure plaasvind en alle ­dokumentasie rakende die hofsaak is destyds ook van die regstelsel verwyder.

Onder dié dokumente, wat later weer geplaas is, was 'n beëdigde verklaring deur Adjovi wat president Hage Geingob in die middel van die ondertekening van ooreenkomste geplaas het om die toekennings na Namibië te bring.

Adjovi het ook die sluier gelig oor sy vriendskap met Geingob wat glo daartoe gelei het dat die ooreenkomste onderteken is.

Die president het dié aantygings ontken.



SHANGHALA OOK BETROKKE

Intussen het dit aan die lig gekom die voormalige prokureur-generaal, mnr. Sacky Shanghala, was betrokke by die verwydering van voorwaardes in die Kora-ooreenkoms wat sou gekeer het dat die regering N$23 miljoen in die skandaal verloor.

Dokumente het getoon dat Shanghala opskortende voorwaardes uit die ooreenkoms tussen NTB en Mundial verwyder het.

Weens die voorwaardes wat ver­wyder is, was die ooreenkoms ­onderhewig aan die nakoming van dié voorwaardes.

Die Kora-toekennings sou aanvanklik op 13 Desember 2015 plaasvind, maar is uitgestel.

Volgens 'n kontrak wat op 4 Desember 2015 onderteken is, moes die NTB N$23,5 miljoen vóór of op 10 Desember 2015 betaal.

Uit hofstukke blyk dit die eerste ­betaling van N$5 miljoen is op 22 Desember 2015 gemaak en die tweede – van nóg N$5 miljoen – op 23 Desember 2015.

Op 7 Januarie 2016 is 'n verdere N$5 miljoen oorbetaal en N$8,5 miljoen op 17 Februarie 2016.

Die geld is in Mundial se bankrekening in Abidjan in die Ivoorkus betaal.

Die laaste betaling is ongeveer 'n maand voor die toekenningsgeleentheid gemaak, terwyl die beloofde promosiepakket op 20 Januarie 2016 op alle betrokke Afrika-televisiestasies uitgesaai sou word.

[email protected]



FOTO
Die stigter van die Kora-musiektoekennings, mnr. Ernest Adjovi. Foto Argief

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 321.68/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.55% | Zinc US$ 2 873.10/T UP 2.37% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 897.56/OZ DOWN -0.0051 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.08 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 321.68/OZ UP +0.23% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.55% | Zinc US$ 2 873.10/T UP 2.37% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP DOWN -0.004 | Platinum US$ 897.56/OZ DOWN -0.0051