Cyril se vyf grootste kopsere
Suid-Afrika se waarnemende president word deur verskeie uitdagings in die gesig gestaar.
Cyril Ramaphosa het ’n moeilike taak wat vir hom voorlê om beleggersvertroue weer op te bou en die ekonomie te herstel. Hier is vyf van die grootste kopsere wat hy gaan hê.
1. Korrupsie
Ondersoeke deur die openbare beskermer en die ouditeur-generaal het bevind korrupsie is endemies aan die staat, met miljarde rande wat jaarliks gesteel of verkwis word.
Voormalige pres. Jacob Zuma het aanstellings gedoen op bykans al die wetstoepassingsagentskappe en hulle het getoon hulle is huiwerig om op te tree teen sy vriende.
Die nuwe president sal ’n paar belangrike amptenare moet vervang om vertroue in die onafhanklikheid en integriteit van die strafregstelsel in te boesem. Die stappe moet toon die regering wil dié wat skuldig is aan korrupsie, daarvoor verantwoordelik hou.
2. Staatsondernemings
Staatsondernemings se bestuur is chaoties. Die parlement het reeds toesig gehou oor die aanstelling van ’n nuwe direksie vir Eskom, maar ’n permanente uitvoerende hoof moet aangestel word en verskeie topbestuursposte moet gevul word. Eskom moet ook dringend finansiering kry. Ook die Suid-Afrikaanse Lugdiens en PetroSA is van die entiteite wat kruppel is ná jare lange probleme met hul bestuur.
3. Ekonomiese groei
Die regering se Nasionale Ontwikkelingsplan dui aan die land het gemiddelde jaarlikse groei van 5,4% nodig om werkloosheid drasties te verminder. Tans verwag die Reserwebank die ekonomie gaan vanjaar met net 1,4% vanjaar groei en in 2019 met 1,6%.
Groter beleidsekerheid is nodig om sakevertroue te herstel en beleggings in die ekonomie weer aan die gang te kry.
4. Kredietgraderings
S&P Global Ratings en Fitch Ratings het in 2017 Suid-Afrika se kredietgradering tot rommel verlaag nadat Zuma vir Pravin Gordhan as minister van finansies afgedank het. Moody’s Investors Service het in November die land se kredietgradering op hersiening geplaas en moet in Maart ’n uitspraak daaroor gee.
As staatseffekte wat in rand uitgereik is, deur nog ’n kredietgraderingsagentskap afgradeer word, gaan Suid-Afrika se staatskuld uit belangrike wêreldindekse val wat beleggers gebruik om te besluit hoeveel hulle daarin moet belê. Dit kan tot ’n groot uitvloei van buitelandse geld lei.
5. Gratis tersiêre onderrig
Net toe Ramaphosa as die leier van die ANC verkies is, het Zuma aangekondig dat tersiêre onderrig vir studente van arm huishoudings gesubsidieer gaan word.
Die ANC het die plan ondersteun, maar daar is geen begroting daarvoor nie. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie