Cyril in die binnebaan
Cyril in die binnebaan

Cyril in die binnebaan

Benoemings uit Zuma-gesinde takke vir die presidentspos sloer.
’n Krisis dreig vyf weke voor die Suid-Afrikaanse regerende party se leiersberaad omdat van die grootste Zuma-gesinde ANC-takke sukkel om hul kandidaat, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wettig vir die presidentspos te benoem.

Ontleders het Saterdag gewaarsku dat die probleme in die NDZ-kamp die benoemingsproses vir die nuwe party­leiers, wat Woensdag voltooi moet wees, kan laat ontspoor te midde van sterk aanduidings dat adj.pres. Cyril Ramaphosa voorloop.

Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het gister gesê net 60% van die takvergaderings is klaar.

Twee uit vyf takke moet dus voor Woensdag hul benoemings doen. Sekeres sal tot Sondag 19 November grasie kry, het Mantashe in Irene buite Pretoria gesê waar die ANC ’n spesiale vergadering van die nasionale uitvoerende komitee (NUK) hou.

Volgens Mantashe het drie provinsies reeds 90%, 76% en 71% van hul benoemingsvergaderings gehou.

Dit is waarskynlik die kleiner provinsies wat Ramaphosa steun.

Die provinsie met die laagste benoemingsyfer – 29% – is vermoedelik Noordwes, waar slegs 24% van takke teen verlede week hul vergaderings gehou het, het China Dodovu, oud-adjunkvoorsitter in dié provinsie, gesê.

Die grootste takke in Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes, waarvan sommige meer as 1 000 lede het, sukkel glo om 50% van ingeskrewe lede bymekaar te kry vir die benoemingsvergadering ten einde ’n kworum te kry.

Dít kan wees omdat baie pro-Zuma-takke met die oog op die Desember-verkiesing massas lede gewerf het wat nie werklik by takaktiwiteite betrokke is nie.

Hoe meer lede, hoe meer afgevaardigdes kan ’n tak na die Desember-beraad stuur.

KLAGTES OOR MANIPULASIE

Tientalle klagtes oor manipulasie van benoemingsvergaderings en pogings tot kiesbedrog is reeds aangemeld by Mantashe se kantoor.

Mantashe, wat die kandidatuur van Ramaphosa steun, speel ’n sentrale rol in die administrasie van die Desember-verkiesing. Talle lede van die NUK is ontplooi om die klagtes te hanteer, het Mantashe gesê.

Die krisis in die benoemingsproses was die naweek hoog op die agenda by die NUK-vergadering. Van die probleme sluit in:

- In KZN is tussen 30 en 80 klagtes oor benoemings ingedien ná die eerste twee ronde takvergaderings.- Die tak van dr. Zweli Mkhize in Pietermaritzburg het ’n geskil aangeteken nadat hy en sy vrou se name van die ledelys verwyder is. Mkhize, die ANC se tesourier-generaal, ding ook om die partyleierskap mee.- Dodovu bevraagteken die getal Vrystaatse afgevaardigdes, wat gestyg het van 234 in 2012 tot 409 vanjaar.- In Noordwes het die getalle eweneens van 324 tot 538 opgeskiet.

“Ek salueer egter die NUK en die kantoor van die sekretaris-generaal vir die waterdigte riglyne wat dit moeilik gaan maak om die party se verkiesingsproses te manipuleer.”

Takke moet byvoorbeeld data byhou van hul benoemings en die name na ’n nasionale kieskommissie bestaande uit veterane stuur.

Die benoemingsproses, wat lederegisters insluit, sal ook nog geverifieer word, het Man­tashe gesê.

Die konferensie, wat beplan word vir 16 tot 20 Desember in Gauteng, sal net voortgaan indien minstens 70% van afgevaardigdes teenwoordig is.

Theo Venter, politieke ontleder aan die Noordwes-Universiteit, het gesê daar is groot teenstrydighede tussen die getal munisipale wyke in ’n provinsie soos Mpumalanga en die hoeveelheid ANC-takke.

Mpumalanga het in 2016 minder munisipale wyke as in 2011 gehad.

“Maar hul verteenwoordiging na die konferensie het byna verdubbel.

“Mpumalanga (736 afgevaardigdes) behoort ingevolge sy bevolkingsgrootte tussen Limpopo (643) en Noordwes (538) te wees.”

Melanie Verwoerd, politieke ontleder en oud-ANC-LP, sê as die premiersliga-provinsies nie hul vergaderings teen die spertyd kan afhandel nie, sal dit Ramaphosa se kanse dramaties verbeter.

Dit kan egter ook lei tot ’n uitgestelde of ontwrigte konferensie.

“As dit voortgaan ondanks die afwesigheid van dié takke, en Ramaphosa wen, sal dit lei tot verdere onenigheid in die party en moontlik regstappe.”

Ramaphosa word sterk gesteun in Limpopo, die Oos-, Wes- en Noord-Kaap, en Gauteng.

KwaZulu-Natal is tans Dlamini-Zuma se sterkste provinsie. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%