Cyril besoek Mosambiek
Cyril besoek Mosambiek

Cyril besoek Mosambiek

Die twee presidente het hul tevredenheid met die ’uitstekende en toenemende samewerking’ tussen die twee lande uitgespreek.
Philda Essop

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag ’n werkbesoek aan Maputo gebring op versoek van sy Mosambiekse ampsgenoot, pres. Filipe Jacinto Nyusi.

Dit was met die oog op die versterking van politieke, ekonomiese en maatskaplike samewerking tussen die twee lande.

Ramaphosa was vergesel van ’n ministeriële afvaardiging wat bestaan het uit onder andere Nosiviwe Mapisa- Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, Bheki Cele, minister van polisie, en Dipuo Letsatsi-Duba, minister van staatsveiligheid, en staatsamptenare.

Die twee presidente het hul tevredenheid met die “uitstekende en toenemende samewerking” tussen die twee lande uitgespreek en kennis geneem van die meer as 70 bilaterale ooreenkomste en memorandums van verstandhouding oor ’n groot verskeidenheid kwessies, waaronder energie, landbou, kuns en kultuur, verdediging en veiligheid, onderwys en omgewingsake, wetenskap en tegnologie, immigrasie, toerisme, handel en investering, lui ’n gesamentlike vergadering.

MADAGSKAR, GABOEN EN DRK

Oor kwessies wat die streek raak, het die twee presidente kennis geneem daarvan dat die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap polities stabiel is, hoewel daar ’n paar uitsonderings is.

Hulle het ook kennis geneem van die verkiesing in Madagaskar en die staatsgreeppoging in Gaboen veroordeel. Hulle het ook kennis geneem van die vreedsame presidentsverkiesing in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), die voorlopige uitslag en die klagte wat een van die kandidate ingedien het.

Geen melding is in die verklaring gemaak van André Hanekom, die Suid-Afrikaanse sakeman wat op aanklagte van terrorisme in Mosambiek aangekeer is nie. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!