Crete reg vir wat voorlê
Gimnastiek
Die Windhoekse gimnastiekklub Crete sien uit na nog 'n suksesvolle jaar.
Bedrywighede het reeds in middel-Januarie hervat, met heelwat nuwe jong gesigte wat in die onderskeie groepe aangesluit het.
“Ons berei voor vir alle komende kompetisies, insluitend die proewe vir die Afrika-kampioenskap wat op Swakopmund gehou sal word (7-13 Mei) en sien uit na nog 'n opwindende jaar vir gimnastiek,” sê die klub in 'n nuusvrystelling.
Die klub moes verlede jaar sy getal afrigters opgradeer om by die groei in gimnaste aan te pas. Crete het in alle kwalifiserende kompetisies, asook die 2017 nasionale kampioenskap meegeding, waar sy gimnaste baie goed presteer en medaljes op alle vlakke vanaf vlak 1 tot senior Olimpiese vlak ingepalm het.
Crete was nie net met sy artistiese gimnaste aktief nie, maar ook met sy trampolien-groep wat op dieselfde wyse uitgeblink het. Artistiese gimnaste het vyf nasionale trofeë vir meisies en twee vir seuns beklink, terwyl die trampoliengimnaste een trofee ingepalm het.
Verskeie Crete-gimnaste het ook Namibiese spanne vir deelname aan drie groter kompetisies gehaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie