Crete bou op na die groter kompetisies
Gimnastiek
Die gimnastiekklub Crete van Windhoek het 2019 afgeskop met vier klubkompetisies vir gimnaste op alle vlakke, asook ’n uitnodigingskompetisie genaamd die Colourfest wat hopelik ’n jaarlikse instelling sal word.
Met die steun van N/a’an ku sê Lodge en Bay Self Catering het die kompetisie die geleentheid vir gimnaste, afrigters en beoordelaars gebied om mekaar te leer ken en saam mee te ding.
Stewige bande is gebou en Crete hoop om in die toekoms meer klubs te betrek.
Crete se jaarlikse klubkompetisie was baie suksesvol en het sy gimnaste help voorberei vir die komende streekkompetisies. Die klub sien daarna uit om te sien dat gimnaste van elke vlak hul persoonlike beste prestasie in die kompetisies in 2019 opstel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie