Craven wen Toer van Senegal
Padfietsry
Namibië se professionele fietsryer Dan Craven het die 17de Toer van Senegal gewen wat Sondag in Dakar klaargemaak het.
Ná die weeklange toer van agt skofte en 1 097 kilometer het Craven boaan die algehele klassifikasie geëindig met 'n gesamentlike tyd van 23 ure 10 minute.
Die oorwinning volg op sy bittersoet 40ste plek in die Statebondspele in Australië verlede maand, toe hy ten tyde van sy finale voorbereidings siekerig geraak het.
Abderrahmane Mehdi Hamza van Algerië, wat vir Sovac-Natura4Ever ry, was algeheel tweede, net een minuut 08 sekondes agter Craven.
Rick Nobel van Nederland was in die bronsposisie, een minuut 15 sekondes agter die Namibiër.
Sy oorwinning in die Toer van Senegal het aan die Namibiër 40 punte op die ranglys van die Internasionale Fietsry-unie (UCI) besorg. Die jaarlikse skofresies wat in Dakar begin en eindig, is deel van die UCI se Afrika-toer.
Craven, in die kleure van sy Europese beroepspan “'Embrace the World Cycling” wat in Duitsland gebaseer is, het die agtste en finale skof (102.4 km) in die 20ste posisie voltooi – 49 sekondes agter die skofwenner Islam Mansouri wat in 2 ure 36 minute 53 sekondes oor die eindstreep gejaag het.
“Embrace the World Cycling” het in die spankompetisie tweede klaargemaak ná Sovac-Natura4ever, terwyl Rwanda se nasionale span derde geëindig het.
Die agt dae se skofte was oor 143.2 km, 181.8 km, 148.5 km, 108 km, 158.2 km, 114.9 km, 140 km en 102.4 km.
Craven se oorwinning in Vrydag se sesde skof was sy enigste podiumposisie vir die week, maar sy bestendige prestasie het hom die algehele topposisie besorg. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie