Craven wen opwindende Cycle Challenge

11 February 2019 | Sport
Andrew Poolman - In ’n opwindende einde het Dan Craven gister ’n formidabele groep ryers uitgestof om die 34ste Nedbank Cycle Challenge padfietsresies oor 100 kilometer in te palm.

Craven (36) het die driemalige Suid-Afrikaanse padresieskampioen Nolan Hoffman, wat as ’n bitter sterk naelryer bekend is, met die vroeë tydsberekening van sy eindpoging verras om uiteindelik met ’n gemaklike een sekonde oor die eindstreep te seil (2:26:19).

Die internasionale aanslag op die Cycle Challenge het ook die gedugte bergfietskoning Konny Looser van Switserland, ’n driemalige solowenner van die Nedbank Desert Dash, ingesluit.

Hoewel Looser vooraf ’n onbekende faktor op die padfiets was, het hy vyfde klaargemaak met net Craven, Hoffman, die 18-jarige Alex Miller en Xavier Papo (vierde) voor hom.

Looser (vyfde) het oor die eindstreep gesnel voor gedugte jaers soos Ingram Cuff, die nasionale junior kampioen Dieter Koen, Fiffy Kashululu, Kai Pritzen, Jacques Celliers, Drikus Coetzee, Alwyn Steenkamp (2018 nasionale o.23-kampioen), Ruan van Staden en André de Klerk, wat almal enduit in die voorste groep gery het.

“Sedert die 2003 Tour de Windhoek het ek nog nie so ’n groot, sterk groep aan die voorpunt van ’n padresies in Namibië gesien waarin soveel aanvallende ryers is nie,” het Craven agterna gesê.

“Nolan en Konny se teenwoordigheid wys dit beteken iets om hier te wees. Dis wonderlik vir Namibiese fietsry.

Toe Craven gevra is in watter stadium hy besef het die resies is daar om te wen, het hy geantwoord: “Eintlik reeds laas naweek, toe ek in die nasionale kampioenskap tweede gekom het (teen Alex Miller).

“Dis jammer dat dit die tweede jaar is dat dié oorwinning moet vergoed vir die vorige naweek, maar die Cycle Challenge is die resies waarin jy teen al jou beste vriende ry.”

Craven sê hy was aangenaam verras dat hy genoeg krag in sy bene oor gehad het om Hoffman met so ’n lang eindpoging te klop.

Hoffman het agterna gesê hy het sy oog op Miller gehad nadat die jongman die vorige naweek vir Craven in die nasionale padresieskampioenskap met sy eindpoging verras het. Volgens hom was dit een van Miller se laat aanvalle wat die angel uit sy bene gehaal het.

Hoffman sê ’n tweede plek dien altyd as motivering vir wat volgende kom.

“Ek wou nog altyd dié byeenkoms kom doen en dit was opwindend om sowat ’n duisend ryers in die verskillende afstande te sien. Fietsry in Namibië beweeg vorentoe en ek sal gewis weer hier kom ry,” het die 2018-wenner van die Tour de Windhoek gesê.

• In die vroueresies oor 100 km het Vera Adrian haar koms uit ’n yskoue Europa laat geld om haar titel te behou – hoewel Michelle Vorster haar hard gedruk het en net sentimeters agter haar voorwiel klaargemaak het.

Adrian het agterna die meeste van die media vir onderhoude ontglip. Sy en Looser, haar verloofde, het nadat sy haar asem teruggekry het weer op die fietse geklim vir ’n verdere oefensessie – met inagneming dat vanjaar die beslissende Olimpiese kwalifisering vir Japan 2020 voorlê.

Michelle Vorster het agterna gesê sy het eers laas week ’n ongesteldheid afgeskud. “Ek en Vera het vroeg van die res weggebreek en het soos gewoonlik saam gewerk, maar naelresies is meer haar sterk punt, terwyl ek in klimdele beter vaar. Dus moet ek op die meeste roetes al my kaarte reg speel as ek haar wil uitoorlê.”

• Nedbank Cycle Challenge, onlangse wenners
Mans
2013, 1 Costa Seibeb, 2 Heinrich Köhne
2014, 1 Costa Seibeb, 2 Lotto Petrus
2015, 1 Costa Seibeb, 2 Martin Freyer
2016, 1 Till Drobisch, 2 Costa Seibeb
2017, 1 Till Drobisch, 2 Drikus Coetzee
2018, 1 Dan Craven, 2 Drikus Coetzee
2019, 1 Dan Craven, 2 Nolan Hoffman (RSA)

Vroue
2013, 1 Chelna Neethling, 2 Irene Steyn
2014, 1 Irene Steyn, 2 Michelle Vorster
2015, 1 Michelle Vorster, 2 Irene Steyn
2016, 1 Genevieve Weber, 2 Irene Steyn
2017, 1 Michelle Vorster, 2 Michelle Döman
2018, 1 Vera Adrian, 2 Michelle Vorster
2019, 1 Vera Adrian, 2 Michelle Vorster

Soortgelyk

 

Antjie Krog plaas gewraakte toespraak in konteks

8 ure gelede | Kuns en vermaak

Ronelle Rademeyer - Die veelbekroonde Suid-Afrikaanse digter, skrywer en akademikus, Antjie Krog, het in ’n radio-onderhoud die konteks verskaf vir ’n toespraak deur haar wat...

Hep E: 28 gevalle 'n dag

21 ure gelede | Gesondheid

Henriette LamprechtByna 30 nuwe gevalle van hepatitis E is in die laaste week van Julie daagliks oraloor die land aangeteken. Die siekte het boonop die...

Kaalkiekies saai amok aanlyn

21 ure gelede | Misdaad

Denver KistingSo onlangs soos gisteroggend moes die stadspolisie in Windhoek hulle na 'n toneel haas nadat 'n vrou haar lewe probeer neem het weens gelekte...

Die weer vir 8 Augustus 2019

21 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud tot matig in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm wees.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

Ministerie steek stokkie voor mossel-oes

21 ure gelede | Ministeries

Erwin LeuschnerDie minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, het gister die oes van witmossels vir kommersiële gebruik verbied. Hy het dit by...

Ma hoop seuntjie leef nog ná 22 jaar ...

21 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Meer as 22 jaar ná ’n negejarige seuntjie van die Kaapse Vlakte van sy ouerhuis verdwyn het, hoop sy ma hy lewe...

Dubbele moordenaar kry vyfde prokureur

21 ure gelede | Howe

font face="Verdana">Die man wat Dinsdag in die Windhoekse hoërhof skuldig bevind is aan die moord op twee vroue in Januarie 2016 het gister sy vyfde...

Bekendes belê groot in gasvryheidsbedryf

21 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer - Die gewildheid van die drie Stellenbosch-restaurante in die Bougainvillea-sentrum in Klein Windhoek – The Stellenbosch Wine Bar, Tasting Room en Market –...

Polisie sing Kalahariwoestyn-lofliedere

21 ure gelede | Polisie

Denver Kisting Sedert die polisie verlede jaar met ander owerhede begin kragte saamsnoer het om misdaad te bestry, het misdaadbedrywighede met nagenoeg 9% afgeneem.So sê...