Cran: Selfoonbedryf onder die loep
Cran: Selfoonbedryf onder die loep

Cran: Selfoonbedryf onder die loep

MTC se fooie word gereguleer terwyl die oordrag van telefoonnommers ondersoek word.
Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) het onlangs die reuse- ­Namibiese telekommunikasieonderneming, MTC, wat ook 'n staatsonderneming is, oor die vingers getik.

Dít oor kommissies wat kliënte aan MTC moet betaal wanneer hul skuld deur die onderneming ingevorder word.

Nadat 'n MTC-kliënt in 2013 'n klag oor kommissiegeld by Cran ingedien het, kon die reguleerder homself vandeesmaand oor die kwessie uitspreek. Volgens me. Emilia Ndhikembua, Cran se regsadvieshoof, is dit binne die owerheid se mandaat om verbruikers van kommunikasiedienste te beskerm teen uitbuiting en misbruik ten opsigte van prys, gehalte en ver­skeidenheid van dienste en toerusting beskikbaar.



SKULDINVORDERAARS

Die klagte was spesifiek oor 'n kommissie van 18% wat van 'n MTC-­kliënt gehef is op skuld wat die kliënt vir selfoondienste aangegaan het.

Die ooreenkoms waarvolgens MTC die betaling van kommissie van kliënte vereis, strook volgens Cran nie met 'n staande landdrosbesluit dat slegs 10% in soortgelyke gevalle gehef mag word nie.

Gelde aan skuldinvorderaars is nie hierby uitgesluit nie, sê Ndhikembua.

“Gegriefde en geraakte verbruikers word aangemoedig om hul sake direk met MTC op te neem. Indien verbruikers se klagtes nie ondersoek word binne 14 dae vanaf die datum waarop dit formeel by MTC aangemeld is nie, moet hulle Cran se klagte­prosedures volg,” sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!