Cran keur MTC-transaksie goed
Cran keur MTC-transaksie goed

Cran keur MTC-transaksie goed

Die regering sal met dié transaksie selfoondiensverskaffing in Namibië monopoliseer.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) het in 'n nuusverklaring lig gewerp op sy goedkeuring van ’n omstrede transaksie.

Dié transaksie behels die staatsonderneming Namibia Post and Telecommunincations Holdings (NPTH) se aankoop van 34% se aandele in Mobile Telecommunications (MTC) van Samba Luxco se filiaalmaatskappy Samba DutchCo. B.V.

Hiermee verkry die regering eienaarskap van albei groter selfoondiensverskaffers in die plaaslike mark.

Volgens Cran se woordvoerder, me. Katrina Sikeni, is die transaksie goedgekeur op voorwaarde dat NPTH ná die aankoop van MTC 20% aandele aan die staatspensioenfonds (GIPF) verkoop en binne 'n jaar nog 29% aandele op die plaaslike aandelebeurs aanbied.

“Die owerheid se standpunt bly dat 100% staatsbesit in die telekommunikasiesektor nie strook met die markbeleid soos in die kommunikasiewet uiteengesit word nie, en dat die voorwaardes wat aldus opgelê word, ’n impak op die mark se aanpassing by die beleid sal hê,” sê Sikeni.

In 2016 het die kabinet 'n plan goedgekeur vir NPTH om Samba Luxco se 34%-aandeelhouding ter waarde van N$3 miljard met finansiering van die GIPF te koop.

Volgens dié plan sou die regering 'n geruime tyd 100% van MTC besit voordat sy aandeelhouding tot 51% verminder word deur 'n belang aan GIPF te verkoop en 'n gedeelte op die plaaslike aandelebeurs te noteer.

Cran het die aanvanklike aansoek afgekeur, deels weens kommer oor die toekoms van NPTH, wat vanjaar ontbloot sal word.

NPTH het op 20 Februarie vanjaar weer aan Cran geskryf vir goedkeuring om die 34%-aandeelhouding te koop.

Cran het die MTC-transaksie op 6 Maart 2018 met vyf voorwaardes goedgekeur. Enige daaropvolgende oordrag van aandele sal onderhewig wees aan die owerheid se goedkeuring om te verseker dat dit in ooreenstemming is met die oogmerk van die kommunikasiewet, sê Cran.

Een van die voorwaardes is dat GIPF 20% van MTC moet besit, soos vroeër voorgestel deur NPTH. Nog ’n voorwaarde was dat MTC binne 'n tydperk van 12 maande op die Namibiese Effektebeurs gelys moet word. Cran het ook gesê 29% van MTC-aandele moet aan private of plaaslike beleggers op die Namibiese aandelebeurs verkoop word. MTC moet elke twee maande aan Cran verslag oor die vordering van die transaksie lewer.

Selfoondiensverskaffing is een van die belangrikste tegnologieë waardeur die regering die land kan ontwikkel.

MTC is van plan om binne die volgende twee jaar nog 554 nuwe uitsaaitorings landswyd te bou om Namibië van 100% syndekking te voorsien.

Die maatskappy het in sy laaste jaarverslag vir 2016 ’n wins van N$570 miljoen getoon onder die leierskap van mnr. Miguel Geraldes, besturende direkteur, wat saam met die vorige eienaars, Portugal Telecom, MTC verlaat het.

In teenstelling hiermee het die regering se ander diensverskaffer, Telecom Namibia, vir dieselfde tydperk 'n verlies van N$41 miljoen getoon, met laste wat bates met N$460 miljoen oorskry het.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!