Cran herevalueer radiofrekensies

Moratorium op aansoeke

09 January 2019 | Plaaslik
Elvira Hattingh



Plaaslike radiostasies, veral die in Windhoek en langs die kus, sal dalk in die toekoms op nuwe frekwensies uitsaai, afhangende van hoe daar oor Namibië se plan vir frekwensiebandwydte beslis word.

Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) het in die Staatskoerant van 26 November 2018 sy voorneme bekend gemaak om die plan te herevalueer, veral aangesien 'n toename in lisensiehouers tot 'n tekort in spektrum in die meeste geografiese gebiede in die land gelei het.

Dit behels derhalwe dat 'n 15 maande lange moratorium geplaas sal moet word op aansoeke vir spektrumlisensies in die frekwensieband 87,5 tot 108 MHZ.

Volgens 'n gesprek met Cran se regsadviseur, mnr. Stanley Kavetu, word die grootste probleme met 'n gebrek aan frekwensie in die hoofstad en langs die kus ervaar, wat beteken frekwensies kan nie aan nuwe radiostasies toegeken word nie.

Hy verduidelik dat tegnologie intussen verbeter en vernuwe het, wat beteken die 'frekwensie-spasies' tussen radiostasies hoef nie so groot te wees soos in die verlede nie. “Ons kan dié gapings verklein om meer spasie te skep,” het hy gesê.



MORATORIUM

Kavetu het gesê die publiek is in die Staatskoerant van 26 November verlede jaar genooi om insette oor die beplande moratorium te lewer. “Voorts moet daar nog oor 'n datum vir die implementering van die moratorium beslis word, maar ons hoop om dit teen Februarie gereed te hê,” het Kavetu gesê.

In die Staatskoerant verduidelik Cran die hersiening van die frekwensie gaan vereis dat 'n moratorium op lisensieaansoeke geplaas sal moet word, maar spektrum moet op 'n ordelike en doeltreffende manier gebruik. Volgens Namibië se plan vir frekwensiebandwydte, word die bandwydte tussen 87,5 tot 108 MHZ vir FM radio-uitsendings uitgehou.

Cran sal tydens die moratorium nie enige nuwe aansoeke aanvaar vir veranderinge in spektrumgebruik en dienslisensies, wat binne die bogenoemde bandwydte val nie. So ook sal nuwe aansoeke vir spektrum nie aanvaar word nie. Cran sê alle lisensieaansoeke wat voor die instelling van die moratorium ontvang is, sal wel eers afgehandel word.

Cran verduidelik die kanaliseringsplan vir FM radio-uitsendings moet hersien word. Dit sal 'n spektrum-analise, voorspelling van dekking, oorgrenskoördinering, asook 'n analise van die kraguitsette van senders insluit. Cran sê 15 maande is nodig omdat die hersiening van die kanaliseringsplan teen Maart 2019 afgehandel moet wees, waarna 'n aangepaste plan in die Staatskoerant publiseer moet word sodat die publiek insette kan gee.

Cran sê hy verwag dat bogenoemde stappe binne ses maande voltooi sal wees. Daarna sal hy die aanpassings aan bestaande lisensies begin aanbring, 'n proses wat binne vyf maande afgehandel behoort te wees.

Soortgelyk

 

Geingob vergader met Nanso oor studiegeld

1 uur gelede | Onderwys

Me. Ester Simon, president van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het pas bevestig die organisasie vergader vandag by Staatshuis met pres. Hage Geingob...

Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

2 ure gelede | Omgewing

Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères, 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi...

Katrina hoor Maandag 8 Julie

3 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Regter Christie Liebenberg het vandag gesê hy sal nie later nie as 8 Julie uitspraak lewer in die verhoor van me. Katrina...

Theo Diergaardt voor vir beweerde bedrog

4 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die beheeraanklaer van die landdroshof in Windhoek, mnr. Hans Thourob, het bevestig mnr. Theo Diergaardt, oudminister van grondhervorming, is gister inhegtenis geneem.Volgens...

Windhoek se waterverbruik in die rooi

5 ure gelede | Omgewing

Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is...

Dit moes lankal gebeur het, sê Kanime.

6 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Oomblikke nadat hy gisteraand heraangestel is, het mnr. Abraham Kanime aan Republikein gesê dit moes lankal gebeur het.Die Windhoekse stadsraad het gisteraand...

Raad sit oor polisiehoof

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

16 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

16 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...