Cran druk Telecom oor datakoste
Die staatsonderneming sê perke op tariewe sal hul werkgeleenthede én dienste raak.
Augetto Graig - Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) wil Telecom Namibië dwing om op 1 Januarie 2018 die koste van grootmaatdata drasties te verlaag.
Die kwessie is gister (11 Junie) tydens ’n openbare verhoor bespreek waar mnr. Calvin Muniswaswa, Telecom se hoof- kommersiële beampte, gesê het dit kan tot werksverliese en die einde van verskeie diensaanbiedinge lei.
“Dit sal ons met geen keuse laat as om regsadvies te kry nie, omdat die regulasies spesifiek op Telecom fokus. Dit is voorkomend en sal die besigheid negatief raak. Ons moet dit ter wille van die besigheid enwerknemers teenstaan,” het hy gesê.
Regulasies wat Cran in Junie in die staatskoerant laat publiseer het, vereis van Telecom om voorgeskrewe perke op tariewe vir die grootmaatdata te hef, en beteken dat die koste van twee megabytes per sekonde volgende jaar tot N$1 585,60 beperk sal wees.
Volgens me. Helene Vosloo, Cran se hoof van navorsing en ekonomie, het dié owerheid inligting van Telecom self gebruik om die nuwe perke op tariewe te bepaal.
Sy sê Telecom se koste, insluitende toekomstige tariewe, die koste van skuld, ekwiteitskostes, risiko en ’n redelike opbrengs is ook by dié tariewe ingereken.
Volgens Vosloo neem Telecom-kliënte slegs 23,3% van die staatsonderneming se kapasiteit vir dataverskaffing in beslag en is “lae verbruik onder meer hoekom tariewe in die mark so hoog is".
Sy sê data is dié deel van die plaaslike telekommunikasiemark wat die vinnigste groei.
“Stem is dood,” sê sy.
Volgens haar gee die bedryf gehoor aan die verbruiker se behoeftes.
Sy sê die probleme wat Telecom tans ondervind is intern en behels spesifiek ’n tekort aan gehalte dienslewering.
In vergelyking met Suid-Afrika en Botswana se kostestrukture is Telecom Namibië se gehuurde lyne “effe duur” sê Vosloo.
Volgens haar sal die perk op tariewe wat Cran wil toepas, die koste van grootmaatdata in Namibië stelselmatig laat daal oor 36 maande van die begin van 2018 af, terwyl Telecom mettertyd doeltreffender dienste sal lewer.
“Die gehuurde lyn is ’n natuurlike monopolie vir Telecom Namibië,” sê Vosloo.
“Dis net soos met ’n spoorlyn: as operateurs kom en hul eie spoorlyn langs joune wil lê, is iets ernstig fout in die ekonomie.
"Nuwe operateurs laat tans hul eie vesel aanlê omdat dit goedkoper is as om die bestaande Telecom-lyne te gebruik,” sê sy.
Muniswaswa hou egter vol dat die huidige perke op tariewe veels te laag is.
“Dit maak geen sake- of ekonomiese sin nie. Dit sal ernstige ekonomiese implikasies hê en selfs tot werksverliese lei,” sê hy.
Telecom maak ook beswaar teen die verouderde inligting waarop Cran se nuwe tariefperke gebaseer is, die feit dat Telecom die mark domineer, die lang tyd wat dit geneem het om tariefperke te hersien en boetes wat tans van toepassing is.
By die vergadering het Vosloo erken die inligting wat deur Cran gebruik is, kan bevraagteken word en het ’n aparte vergadering met Telecom Namibië hieroor ondersteun.
Sy het egter gesê sy sal bewyse wil sien dat die vermindering van datakoste aan groothandelaars Telecom sal vernietig of werksverliese sal veroorsaak.
Me. Patience Kanalelo, hoof van MTC se regsdienste, het by die geleentheid gevra hoe die land se grootste mobiele telekommunikasiediensverskaffer kliënte sal bedien as Telecom nie meer grootmaatdata aan hulle sou verkoop nie.
“Operateurs is nie eindverbruikers nie en Telecom is nie verplig om grootmaatdienste te verskaf nie,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie