CoW oor Covid-19-maatreëls vir besighede
Elvira Hattingh - Geen masker, geen toegang nie asook die verpligte verskaffing van persoonlike beskermde toerusting vir werknemers, is enkele maatreëls vir sakeondernemings wat onlangs deur die Windhoekse munisipaliteit (CoW) afgekondig is.
Die munisipaliteit het op 14 Mei bepaalde voorsorgmaatreëls teen die verspreiding van Covid-19 aangekondig, wat “met onmiddelike effek” toegepas moet word. Dit is van toepassing op besighede in die hoofstad.
Dit sluit in dat sakeondernemings vir “hand-higiëne” by alle toegangspunte moet sorg en lopende water en seep moet voorsien, of handsanitasiemiddels wat minstens 70% alkohol bevat.
‘n Kennisgewing hieroor is op CoW se Facebookblad gepubliseer.
Die aantal kliënte moet ook beperk word wat binne ‘n winkel toegelaat word, sê die munisipaliteit.
Verder moet daar seker gemaak word alle oppervlaktes word gereeld skoongemaak en ontsmet, terwyl rye mense beheer moet word. Dit sodat kliënte ‘n sosiale afstand van 1,5 m tot 2 m van ander mense handhaaf.
“Sekuriteitsbeamptes kan vir die beheer van rye ingespan word,” meen die munisipaliteit.
Verder is dit ook ‘n vereiste dat daar duidelik-sigbare merke op die vloer moet wees waar mense in rye moet staan sodat die nodige sosiale afstand gehandhaaf kan word.
Die munisipaliteit sê ook die opeenhoping van werknemers moet voorkom word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie