CoW mag internet bedryf

Cran staan by sy toekenning van gesogte lisensie aan die hoofstad se munisipaliteit.
Augetto Graig
Augetto Graig – Die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran) staan by sy besluit van 29 April vanjaar, om ’n lisensie vir die verskaffing van uitgebreide telekommunikasiedienste aan die Windhoek-munisipaliteit (CoW) toe te ken.
Die amptelike aankondiging van die uitkoms van hul heroorweging van die toekenning is Dinsdag deur Cran se raadsvoorsitter, mnr. Heinrich Gaomab, by die Avani-hotel in die hoofstad gedoen.
Die geleentheid is regstreeks op sosiale media uitgesaai en skriftelike insette is onder andere deur Paratus Telecommunications, Telecom Namibia, MTC, Dimension Data, Internet Society Namibia Chapter en mnr. Henk Mudge namens die Republikeinse Party gelewer.

BESWARE
Volgens Gaomab is vier hoofkwessies uit insette by die byeenkoms van 15 Julie van 82 belanghebbende partye deur Cran ontvang en opgeweeg.
Die beswaar dat die aansoeker nie gemagtig was om namens die munisipaliteit aansoek te doen nie, is deur Cran as onbelangrik bevind. “Die belangrike oorweging vir die owerheid is die identiteit van die aansoeker as ’n wetspersoon, en nie dié van die persoon wat namens die aansoeker aansoek kom doen nie,” sê Gaomab.
’n Volgende kwessie was dat die aansoek nie volledig voltooi ingedien is nie. Hieroor het Cran beslis die nodige inligting was wel in die bylaag tot die aansoek vervat, sê die voorsitter. Derdens voel Cran hy het wel die reg om die toepaslike lisensie toe te ken, het Gaomab gesê in reaksie op die beswaar dat die stad nie prosedure gevolg het nie en dat CoW vir ’n ander tipe lisensie aansoek gedoen het.
“Die owerheid meen ook die besigheidsmotivering soos deur CoW aan die owerheid voorgelê is, veral ten opsigte van dienste soos slim meting en openbare Wi-Fi, regverdig die uitreiking van ’n lisensie vir uitgebreide telekommunikasiedienste,” sê hy.
Oor die beswaar dat die Windhoek stadsraad deur die plaaslike owerheidswet nr. 23 van 1992 verbied word om telekommunikasiedienste te lewer, sê Gaomab: “Dit is nie die mandaat van die owerheid om toe te sien dat plaaslike owerhede aan die kommersialiseringsregulasie voldoen nie. Die nakoming van genoemde regulasies is ook nie ’n vereiste vir die toekenning van ’n lisensie vir telekommunikasiedienste nie.”
Nogtans erken Gaomab dat belangrike kwessies wel deur die publiek en belanghebbers geopper is. Die lisensie kry gevolglik nou nog vereistes by.
“Cran sal bykomende lisensievereistes instel om kwessies van rolspelers in ag te neem, om regverdige kompetisie en deling van infrastruktuur te verseker, wat algehele koste van die ontwikkeling van infrastruktuur vir ander lisensiehouers sal verlaag, en dus laer pryse vir eindgebruikers van telekommunikasie sal beteken,” sê hy.

‘WANVOORSTELLINGS’
“Die verskaffing van hierdie dienste is die oordrag van inligting via ’n elektroniese kommunikasienetwerk en is nie afhanklik van ’n gesamentlike onderneming met enige ander lisensiehouer in telekommunikasiedienste nie,” het hy as die kernelement van die lisensie beskryf.
Paratus het egter op 24 Julie geskryf dat Cran se oorspronklike regverdiging vir sy toekenning van die lisensie genoem het die munisipaliteit het ’n gesamentlike onderneming met Telecom Namibia vir die kommersiële ontwikkeling van die stad se veselnetwerk gesluit.
Telecom Namibia ontken in sy insette enige kennis van so ’n vennootskap.
Die stadsraad is ook later ingelig dat die munisipaliteit met China se Huawei in vennootskap wil tree. Dit alles dui op bedrieglike wanvoorstelling, volgens Paratus se brief.
Die Windhoekse prokureur mnr. Eben de Klerk sê Cran weier blatant om hierdie kernkwessie aan te spreek. “Óf die oorspronklike lisensie is uitgereik gebaseer op bedrieglike wanvoorstelling, óf Cran mislei die publiek moedswillig,” sê hy.
“Die ICT-bedryf sal hof toe,” voorspel hy.
Volgens De Klerk verklap die munisipaliteit se gedrag hul bedoeling om die kommunikasiebedryf in die hoofstad te oorheers, byvoorbeeld deur pogings om regulasies in te stel wat die stad die reg sal gee om installering van vesel tot “goedgekeurde individue” te beperk.
“Verbeel jou die regering besit al die infrastruktuur en ’n mens mag net deur die regering kommunikeer. Hulle sal jou doodgooi met tariewe,” waarsku hy.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.36/OZ UP +0.74% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.53% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.66/BBP UP +0.75% | Platinum US$ 913.10/OZ UP +1.21%