CoW het nie vesellisensie
CoW het nie vesellisensie

CoW het nie vesellisensie

’n Besluit oor of die twee partye veselkabels mag aanlê, sal binne die volgende 30 dae geneem word.
Yolanda Nel
Yolanda Nel – Hoewel Windhoek se munisipaliteit (CoW) in 2018 reeds aangedui het hy nie kan voortgaan om Paratus Telecom te magtig om enige veselkabels aan te bring nie is geen veselinfrastruktuur geïnstalleer nie.

CoW beoog glo om self veselinfrastruktuur aan te bring, maar beskik nie oor die nodige telekommunikasielisensie daarvoor nie.

Volgens die Staatskoerant van 22 Februarie 2019 het CoW wel aansoek om ’n lisensie hiervoor gedoen.

In ’n verklaring van mev. Katrina Sikeni, hoof van korporatiewe kommunikasie by die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie van Namibië (Cran), is die aansoek verlede jaar ingedien, maar is dit nog nie goedgekeur nie.

“Sodra ’n besluit geneem is, sal dit in die Staatskoerant gepubliseer word en sal alle belanghebbendes daarvan in kennis gestel word,” sê Sikeni.

Arbitrasie het Vrydag tussen CoW en Paratus plaasgevind ná die munisipaliteit op 2 Augustus verlede jaar ’n dispuut met die telekommunikasiemaatskappy verklaar het.

Cran moet die dispuut besleg.

“Die aangeleentheid wat die owerheid moet beoordeel, gaan oor of die twee partye aan die bepalings van die kommunikasiewet voldoen, wat handel oor die prosedure vir die lê van optiese veselkabels binne munisipale grense,” sê Sikeni.

’n Besluit hieroor sal binne 30 dae geneem word. Volgens mnr. Andrew Hall, Paratus se besturende direkteur, is die maatskappy nie seker waarom Cran besluit het om die saak aan te hoor nie.

“Die stadsraad het nie ’n lisensie nie, so waarom is hierdie arbitrasie aangehoor?” het hy aan Republikein gesê.

Republikein het Vrydag berig Paratus-werknemers en subkontrakteurs is gedwing om werk op Nelson Mandelaweg te staak ná die polisie beslag op hul toerusting gelê het omdat hulle glo ’n regulasie van die wet op plaaslike owerhede oortree het.

Volgens ’n verklaring wat Paratus Vrydag uitgereik het, het die polisie verlede Woensdag ook met siviele werk ingemeng.

“Hulle het ’n brief uitgereik terwyl Paratus besig was om werk in Katutura voltooi. Paratus was besig om vesel te lê in ’n gebied wat reeds onderbedien is,” lui die verklaring.

“As CoW aanhou om siviele werke te rem, kan dit bykans 100 werknemers direk en indirek raak,” lees die verklaring voorts.

Paratus het Donderdag ’n gestempelde dokument op die perseel gehad wat bewys die maatskappy het die nodige goedkeuring van CoW om met die werk voort te gaan.

Hall het Saterdag aan Republikein gesê Paratus sal regstappe doen om hul toerusting waarop beslag gelê is, terug te kry.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!