CoW-drama kry tweede asem
CoW-drama kry tweede asem

CoW-drama kry tweede asem

Net die tugverhoor kan bepaal of strafregtelike klagte teen Windhoek se baas gelê sal word, sê ’n raadslid.
Denver Kisting
Denver Kisting – Sodra sy tugverhoor afgehandel is, kan die stadsraad besluit of strafregtelike klagte ook teen mnr. Robert Kahimise, Windhoek se uitvoerende hoof, gelê word.

So sê me. Agatha Iyambo, voorsitter van die stadsraad se bestuurskomitee, by navraag.

Hoewel haar geheue haar deurgaans in die steek gelaat het, kon sy onthou dissiplinêre klagte is verlede week op Kahimise en vier ander mense beteken.

Wat die aard van die klagtes is en op wie almal dit beteken is, kon sy volgens haar nie onthou nie.

Sy kon eweneens nie onthou of ’n datum vir die vyftal se tugverhoor al vasgestel is nie.

Republikein het gister verneem die vier ander is CoW se regshoof, mnr. Ben Ngairorue, die bestuurder van parke, mnr. Waka Kazombiaze, Kahimise se sekretaresse en sy motorbestuurder.

Op ’n vraag of die stappe te doen het met die beweerde ongeoorloofde studiereis wat Kahimise na Parys, Frankryk, onderneem het, het Iyambo gesê: “Dis nie die enigste ding nie.”

Sy het bevestig geeneen van die vyf mense is in hierdie stadium geskors nie.

Kahimise en sy prokureur, mnr. Patrick Kauta, het gister soos die graf geswyg oor die jongste drama in die voortslepende sage.

Republikein het vroeër berig CoW is van mening die klagtes teen Kahimise is só ernstig dat hy afgedank kan word.

Omdat Kahimise in ’n vertrouensposisie is en as uitvoerende hoof die plig het om te verseker die raad se besluite, aanvaarde beleid en strategieë word in werking gestel en uitgeoefen, is die ernstige wangedrag wat CoW glo hy begaan het “soveel ernstiger”, lui vroeëre hofstukke.

“Die wangedrag, waaraan aan ons glo (Kahimise) skuldig is, sluit oneerlikheid in en ’n verontagsaming van die bepalings van die raad – die einste besluite en beleid wat hy ’n plig het om te beskerm en in werking te stel.”

CoW meen Kahimise is skuldig aan die wanbesteding van openbare geld en ongemagtigde verskwisting “in dié ekonomies moeilike tye”.

Die raad hou vol hy het nie magtiging gehad om bykans N$150 000 se studiehulp vir nagraadse studie in Parys, Frankryk, te ontvang nie.

Die wyse waarop Kahimise die burgemeester, mnr. Muesee Kazapua, gekry het om die lening goed te keur, was verkeerd en Kahimise het dit geweet, voer CoW aan.

Me. Tekla Uwanga, die eertydse adjunkburgemeester, sê CoW het rede om te glo Kahimise het die raad gekry om vir hom ’n Toyota Corolla vir sy persoonlike gebruik aan te skaf.

Hy het glo ’n CoW-werknemer ingespan as persoonlike voertuigbestuurder. “Hy maak gebruik van die voertuig en ’n bestuurder vir sy persoonlike behoeftes.”

Sy sê hulle het hiervan uitgevind toe Kahimise glo die wiele aan die rol gesit het om die Corolla met ’n Fortuner te laat vervang.

“Dit moet teen die agtergrond gesien word dat, in sy eie weergawe, hy vier voertuie vir sy eie gebruik het.”

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!