CoW-baas terug op sy pos
CoW-baas terug op sy pos

CoW-baas terug op sy pos

Ofskoon mnr. Robert Kahimise gister terug was in die tuig, bly sy toekoms as Windhoek se uitvoerende hoof duister.
Denver Kisting
ont face="Verdana" >



Denver Kisting – Sy werk is net om skorsings goed te keur.

Só het dr. Peya Mushelenga, die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, gister oor die heraanstelling van mnr. Robert Kahimise gesê.

Kahimise se soveelste skorsing as uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad (CoW) is skynbaar voor die naweek opgehef.

Mnr. Harold Akwenye, CoW se woordvoerder, het gisteroggend bevestig Kahimise is terug in die tuig.

Volgens Mushelenga sorteer hy geen onduidelikhede rondom Kahimise se heraanstelling uit nie.

“Navrae verwant aan mnr. Kahimise moet aan die CoW gerig word. Jy weet goed die minister se rol ingevolge die wet is nét om skorsing goed te keur en ek het dit lank terug reeds gedoen,” het hy gesê.

Twee weke gelede het Mushelenga by navraag gesê hy kan geen aanduiding oor die toekoms gee nie, omdat hy glo in daardie stadium nog nie ingelig is of die ondersoek teen Kahimise afgehandel is nie.

Republikein het onlangs berig dit is net ’n kwessie van tyd voordat die CoW Kahimise moet heraanstel.

Dít kom nadat ’n arbitrasiegeding vroeër vandeesmaand bevind het die CoW se skorsing van Kahimise het nie aan die vereiste voorgeskrewe prosedures voldoen nie.

Die koerant het toe op goeie gesag verneem die CoW sal hom in alle waarskynlikheid weer in die pad steek.

Onberispelike inligting tot die koerant se beskikking lui dat die maatskappy wat laat verlede jaar aangestel is om beweringe van onreëlmatighede teen Kahimise te ondersoek, steeds met hul speurwerk besig is.

Kahimise het gister soos die graf oor sy heraanstelling geswyg.

Toe Mushelenga laat verlede jaar Kahimise se skorsing bekragtig het, het hy gelas die ondersoek moet binne drie maande afgehandel word.

Die Windhoekse hoërhof het einde verlede jaar Kahimise se dringende aansoek om heraangestel te word weens die manier waarop hy geskors is en die beweerde finansiële ontbering wat hy ly, van die hand gewys.

Kahimise is geskors in die lig van aantygings wat onder meer met die toekenning van ’n studielening aan hom verband hou, en die misbruik van sy mag en die stadsraad se eiendom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!