Covid-piek kom nog
Covid-piek kom nog

Covid-piek kom nog

Erongo se gevalle sal glo eers in Augustus ’n hoogtepunt bereik.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die voorkoms van bevestigde Covid-19-gevalle in Walvisbaai, tans die episentrum van die pandemie in Namibië, kan in middel tot laat Augustus die hoogtepunt bereik.
Volgens mnr. Alladji Osseni, senior strategiese inligtingsraadgewer van die Verenigde Nasies (VN) se Gesamentlike MIV/vigs-program (UNAids), kan die hawedorp tussen 500 en 700 gevalle aanteken, gebaseer op ’n model oor hoe die pandemie in die gemeenskap versprei.
Namibië het gister ’n rekordgetal van 80 nuwe bevestigde gevalle aangeteken waarvan 78 in Walvisbaai was. Teen druktyd het Namibië 285 Covid-19-gevalle gehad.
In ’n bespreking by die Covid- 19-kommunikasiesentrum (CCC) oor die epidemiologiese vooruitgang van die siekte in die land het Osseni gesê sou die situasie voortduur soos wat tans die geval is, kan Namibiërs daagliks tot 20 gevalle per dag verwag.
“Hopelik sal mense se gedrag verander en sal hulle streng by voorkomingsmaatreëls hou. Indien nie, verwag ons tot 700 nuwe gevalle,” het hy gesê.
In vergelyking met ander lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelinggemeenskap (SADC) wat tans gesamentlik 200 000 gevalle het, sê Osseni is Namibië, omring deur lande wat swaar getref is, “in ’n goeie plek” en wys dit voorkomingstrategieë werk.
Hy het egter beklemtoon individue moet elk hul kant bring. Volgens hom sou duisende inwoners in ’n jaar die virus kon opdoen, sou “iets nie vinnig gedoen” en die land nie in ’n totale inperking geplaas gewees het nie.
“Tot 27 000 sou die siekte opdoen, met 53 Covid-verwante sterftes wat vermy is. In Windhoek is 3 500 gevalle sodoende vermy,” het hy gesê. Hy het ook verwys na die ekonomiese impak wat bogenoemde op die land sou hê. Dit sluit gesondheidsuitgawes in en ook ekonomiese aktiwiteite wat ingeperk sou word. Hiermee saam sou stigma en diskriminasie teen dié wat met die siekte gediagnoseer is, die hoogte ingeskiet het.
Met verwysing na die Erongostreek wat nou die hoogste aantal gevalle in die land het, het Osseni gesê dit is te vroeg om wetenskaplik die redes vir die ongelykhede met betrekking tot die voorkoms van gevalle in die streke te bepaal.
Volgens hom is plekke soos Walvisbaai en Windhoek meer vatbaar weens die aantal mense wat hier woon en ook die ekonomiese aktiwiteite wat hier plaasvind.
Dr. Catherine Muwonge, epidemioloog verantwoordelik vir gevallebestuur by die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO), het op haar beurt verwys na die tydperk van 45 dae waarin Namibië geen gevalle van die siekte aangemeld het nadat die aanvanklike gevalle aangeteken is nie.
Volgens Muwonge kan die aanvanklike min gevalle toegeskryf word aan die feit dat beweging binne en toegang tot die land beperk was.
“In die tweede fase het die grense vir die vervoer van noodsaaklike produkte geopen, terwyl daar ook repatriasie uit lande in verskillende stadiums van oordrag was,” het sy verduidelik.
Sy sê ook die Erongostreek en veral Walvisbaai is ’n logistieke middelpunt en ’n skakel met ander lande vir die inen uitvoer van goedere. Muwonge verwys na vervoerders wat van hoërisikolande kom en wat hier goedere op- of aflaai en interaksie met inwoners het.
“Vanweë die hoë voorkoms van ekonomiese aktiwiteite is hier dikwels ook ’n migrasie van mense hierheen. Dit lei tot digbevolkte ontwikkeling van informele nedersettings, wat ’n hoër risiko van besmetting het.”
Tot 80% van mense wat met Covid-19 gediagnoseer word, toon geen of matige simptome, sê prof. Jan Wnent, konsulterende narkotiseur en kliniese hoof van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) se akute sorgeenheid.
Met verwysing na die gebruik van steroïedes soos deksametasoon in die behandeling van ernstige siek pasiënte het Wnent gesê dit sal in standaardprosedures opgeneem word om sodoende te verseker die beste behandeling is beskikbaar.
Hy het inwoners van veral Walvisbaai aangemoedig om nie paniekerig te raak en die dorp of streek te probeer verlaat nie, maar eerder by voorkomingsmaatreëls te hou.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!