Covid-hulp: Slegs 15% sover uitbetaal
Covid-hulp: Slegs 15% sover uitbetaal

Covid-hulp: Slegs 15% sover uitbetaal

Die SSC betaal steeds goedgekeurde eise uit vir finansiële hulp teen die impak van die pandemie.
Augetto Graig
Augetto Graig – Tot dusver is slegs sowat N$98 miljoen in die nasionale hulpskema teen die Covid- 19-pandemie uitbetaal, ofte wel 15% van die begrote N$652 miljoen wat die Maatskaplike Voorsorgfonds (SSC) en die regering gesamentlik vir die doel beskikbaar gemaak het.
Die SSC betaal steeds eise aan kwalifiserende maatskappye en individue uit.
“Terwyl die sperdatum vir aansoeke vir finansiële hulp 30 Julie 2020 was, duur uitbetaling voort aan werknemers en werkgewers wat kwalifiseer,” het die SSC-woordvoerder, me. Unomengi Kauapirura, bevestig.
Die minister van finansies, mnr. Iipumbu Shiimi, het laas April die nasionale indiensneming- en salarisbeskermingskema teen die impak van Covid-19 aangekondig, om werksgeleenthede en inkomstebronne veral tydens die inperking te beskerm.
Hierdeur kon maatskappye in die toerisme-, konstruksie- en lugrederybedryf aansoek doen vir 17% van hul salarisrekening as ’n subsidie vanaf die regering, terwyl ander sektore vir drie maande van bydraes tot die SSC vrygeskeld kon word.
Individue is ook finansieel gehelp en volgens die nuutste syfers verskaf deur Kauapirura is altesaam bykans N$80 miljoen tussen 24 893 werknemers versprei.
In terme van maatskappye wat deur die finansiële bystand gebaat het, sê die SSC dat 177 uitbetalings ter waarde van meer as N$18 miljoen gedoen is.
Die meerderheid (79) van die goedgekeurde maatskappye is in die hotel-, kroeg-, restaurant- of spysenieringsbedryf, en nog 69 is in die boubedryf of is elektriese kontrakteurs.
Volgens die SSC is 36 van die maatskappye wat gehelp is, in toerisme, verskeping of die reisbedryf.
Een begunstigde is Trip Travel wat ook swaar deur die impak van Covid-19 getref is. Volgens Trip Travel se uitvoerende hoof, mnr. Herbert Burmeister, was die impak van die inperking so erg dat die maatskappy steeds moes herstruktureer.
“Die subsidie op sigself het ons nie deurgehelp nie,” sê hy.
Hy sê die aansoek- en verifiëringsproses het oor maande gestrek, maar toe die geld kom, was dit nogtans hoogs waardeer.
Shiimi het aanvanklik gesê die regering sou N$400 miljoen vir die pakket bewillig, terwyl die ander N$252 miljoen van die SSC sou kom. Daar was dus sowat N$650 miljoen tot die skema se beskikking.
Kauapirura het onlangs uitgebrei oor vereistes tot goedkeuring vir die finansiële bystand, wat geregistreerde lidmaatskap aan die SSC insluit, en dat werkgewers nie in Mei, Junie en Julie 2020 werknemers sou aflê nie. Salarisse moes ook nie met meer as 50% gesny wees nie.
Aansoeke is ook afgekeur indien werknemers meer as N$50 000 per jaar verdien; indien hul salaris nie deur Covid-19 verminder is nie, of as hulle vir minder as ses maande lede van die Voorsorgkommissie was.
“Tot 18 Januarie was ons kantore vir die vakansie gesluit, maar personeellede wat gedurende hierdie tyd gewerk het, was besig om betalings te verwerk waarvoor sekere verpligte dokumente van sommige aansoekers nog uitstaande was.
“Dit beteken daar is steeds betalings wat nie uitgereik is nie, weens uitstaande dokumente wat nodig is om sulke betalings moontlik te maak.
“In hierdie verband word aansoekers in kennis gestel van wat meer van hulle verwag word om al die uitstaande transaksies te kan voltooi,” het sy bygevoeg.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!