Covid-brokkies

26 March 2020 | Gesondheid
Implementeer e-gesondheid, sê Green Enterprise Solutions

Covid-19 plaas 'n swaar las op gesondheidswerkers, hospitale en die gesondheidsektor as geheel.

Volgens Green Enterprise Solutions is 'n oplossing hiervoor om tegnolo­gie doeltreffend in die gesondheid­sektor aan te wend.

Hier volg die onderneming se ­aanbevelings:

• Skep aanlyn platforms waar verbruikers met hul dokters in verbinding kan tree in video- of telefoongesprekke. Só kan sosiale afstand en self-isolasie toegepas word en onnodige besoeke aan dokters en hospitale beperk word.

• Stel platforms beskikbaar wat gesondheidsdienste in staat stel om aanlyn met pasiënte te kommunikeer.

• Algemene praktisyns en hul pasiënte kan toegang tot videokonferensie-apps deur hul rekenaars, tablette of slimfone kry. Sodoende word aansienlik minder druk op die gesondheidsektor se hulpbronne geplaas.

• 'n Platform vir veilige elektroniese rekords kan geskep word om diagnoses en behandeling te volg. Dokters, spesialiste en hospitale kan mediese inligting binne sekondes landswyd diskreet uitruil. So kan belangrike en betroubare inligting veilig aan pasiënte oorgedra word en fopnuus uitgeskakel word.

• Skep aanlyn praktyke en gesondheidsentrums landswyd om pasiënte te ondersoek.



Skei kaf van koring

Terwyl die wêreld sukkel om Covid-­19 onder beheer te bring, benodig al meer mense inligting.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) maan die pandemie gaan gepaard met 'n “infodemie” – 'n oor­vloed inligting wat nie altyd akkuraat of waar is nie. Dit maak dit moeilik vir mense om gesaghebbende en betroubare bronne te vind wanneer hulle dit nodig het.

Africa Check sê op sy webblad africacheck.org hy was die afgelope weke besig om WhatsApp-boodskappe, Facebook-plasings, tweets en nuusberigte oor die nuwe coronavirus te fynkam om die kaf van die koring te skei.

“Ons sal voortgaan om dit te doen solank daar 'n behoefte is aan akkurate inligting in hierdie moeilike tyd,” sê dié feitespeurder.

Africa Check ondersoek die volgende:

• Samesweringsteorieë en voorspellings

• Geneesmiddels en voorkoming

• Onwaarhede in die gedaante van waarhede

• Die vreemde en die bisarre

• Goed wat eintlik waar is (maar jy dag dit is onwaar)

• Video's en foto's wat gemanipuleer is of buite konteks aangebied word

Mense kan ook Google gebruik om “feite” as fiksie te ontmasker. Tik “coronavirus” in Google se Fact Check Explorer-instrument vir verskeie wêreldwye feitekontroleerders oor Covid-19.

Soortgelyk

 

Etosha Sondagmiddag deur aardbewing geskud

53 minute gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - ’n Aardbewing van 4,7 op die Richterskaal het Sondag om 16:42 in die Etosha nasionale park voorgekom.Me. Gloria Simubali, adjunk uitvoerende direkteur...

Is groot Beethoven-feesjaar van die baan?

55 minute gelede | Kuns en vermaak

Groot feesvierings is wêreldwyd en veral in Duitsland en Oostenryk beplan ter herdenking van die komponis Ludwig van Beethoven se 250ste geboortejaar. Elretha Britz van...

Naam bekend van Namibiër wat in Engeland aan Covid-19...

1 uur gelede | Gesondheid

Ronelle Rademeyer - Die Namibiër wat Saterdag in Nottingham, Engeland, aan die coronavirussiekte (Covid-19) dood is, se naam is bekend gemaak.Hy is die 56-jarige mnr....

Paspoorte: Lorriedrywers kry voorkeur

2 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het by monde van sy woordvoerder, mnr. Sakeus Kadhikwa, ontken hulle reik tans...

Meer as 3 000 vir Covid-19 getoets

2 ure gelede | Gesondheid

Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste me. Esther Muinjangue sê 3 186 weefselmonsters is tot op hede vir Covid-19 getoets. Namibië het tans 21...

Moody's-klap voor begroting

13 ure gelede | Regering

Jo-Maré Duddy – Op die vooraand van finansminister Iipumbu Shiimi se debuutbegroting sit die regering nie net kniediep in die rommel nie, maar verskraal sy...

Kwarantyn-drama ry lorriedrywers

13 ure gelede | Gesondheid

Leandrea Louw op Walvisbaai – Die vragmotorbestuurder wat die afgelope naweek positief vir Covid-19 getoets het, sê sy voormalige werkgewer het hom en sy kollega...

Man voor hof ná 'hardhandigheid'

13 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – 'n Inwoner van Groot Aub, mnr. Richard Davids, wat aanvoer 'n beampte van die stadspolisie het hom verlede week aangerand, is Vrydag...

Weer, Dinsdag 26 Mei 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue tot baie koue toestande word in die Suide, die Weste en oor die Khomas- en Omahekestreek verwag. Tref voorsorg.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en koud...