Covid-19: Weeklikse oorsig
Covid-19: Weeklikse oorsig

Covid-19: Weeklikse oorsig

Dani Booysen
Nuwe gevalle van Covid-19 daal opnuut in Namibië in kontras met die toename wat ons verlede Vrydag gerapporteer het.
Die gemiddelde nuwe gevalle per dag, gemeet oor sewe dae, het teen Woensdag op 180 gestaan – ‘n afname van 17%.
Dit is ondanks ‘n toename in toetsing. Nuwe gevalle kom dikwels by skole en in aanhoudingselle voor en ‘n toename in verspreiding in die Ohangwena-streek was die afgelope week opvallend.
In 15 van Namibië se 35 gesondheidsdistrikte het gevalle tydens die afgelope sewedagsiklus toegeneem; dieselfde hoeveelheid as die week voor dit. Gevalle het afgeneem in 13 distrikte (14 die vorige week) en konstant gebly in 7 distrikte (6 die vorige week).
In Februarie is 74 sterftes met die siekte verbind; gemiddeld 2,5 per dag. In Maart is op die eerste twee dae van die maand 6 sterftes aan die virus toegeskryf.

GEVALLE PER DISTRIK
Soos verlede week, meld 13 distrikte daagliks gemiddeld 5 of meer nuwe gevalle aan (sien grafika).
Otjiwarongo, Andara, Mariental, Onandjokwe en Omuthiya is op die kaart vervang deur Gobabis, Keetmanshoop, Tsumeb, Eenhana en Okongo.
Distrikte nie op die kaart nie met huidige en vorige daaglikse gemiddeldes:

Grootfontein 4 (3)
Onandjokwe 4 (28)

Engela 3 (1)
Mariental 3 (5)
Omaruru 3 (1)
Otjiwarongo 3 (5)
Rehoboth 3 (3)

Lüderitz 2 (2)
Okakarara 2 (0,1)
Opuwo 2 (1)
Outapi 2 (3)

Khorixas 1 (1)
Nankudu 1 (2)
Okahao 1 (0)
Omuthiya 1 (24)
Outjo 1 (1)
Swakopmund 1 (3)

Usakos 0,3 (0)

Andara 0,1 (6)
Karasburg 0,1 (0,1)

Nyangana 0 (0,1)
Aranos 0 (0)
(Alle gemiddeldes vanaf 0,5 is afgerond.)

TOETSE
Ses dae vanaf 25 Februarie – 2 Maart 2021: 10 467 (gemiddeld 1 745/dag)
Hertoetse: 65
18-24 Februarie 2021: 10 065 (gemiddeld 1 438/dag)
Hertoetse: 47
Individue getoets tot op 2 Maart 2021: 291 850

GESONDHEIDSWERKERS
Nuwe gevalle: 28 (4/dag)
Vorige sewedaesiklus: 42 (6/dag)
Verspreiding van nuwe gevalle die laaste sewe dae: Kavango-Wes 5, Erongo 3, Kavango-Oos 3, Khomas 3, Oshana 3, Oshikoto 2, Otjozondjupa 2, //Kharas 1, Ohangwena 1
(Besonderhede van 5 van die gevalle is nog nie bekendgemaak nie.)

KWARANTYN
Innames: 980
Ontslaan: 1 162
In amptelike kwarantyngeriewe per streek op 2 Maart 2021:
Oshikoto 873, Erongo 225 (reeds 27 dae), Kunene 185, Omaheke 183, //Kharas 123 (reeds 28 dae), Khomas 86 (vyf dae), Kavango 27 (ses dae), Zambezi 26, Otjozondjupa 17, Ohangwena 4, Hardap 3, Omusati 2 (vyf dae), Oshana 1 (agt dae)

AKTIEWE GEVALLE PER STREEK, 3 MAART 2021
Erongo 187
Hardap 58
Kavango-Oos 408
Kavango-Wes 21
//Kharas 123
Khomas 191
Kunene 83
Ohangwena 115
Omaheke 89
Omusati 53
Oshana 204
Oshikoto 73
Otjozondjupa 123
Zambezi 251

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!