Covid-19: Walvisbaai steek 5 000 gevalle verby
Ons grafika wys die jongste data vir Namibië soos teen gister se aankondiging van nuwe gevalle vir Vrydag 9 April 2021.
Die land se daaglikse gemiddeld vir nuwe gevalle het van 87 tot 91 toegeneem, maar bly steeds minder as 100.
Verwante sterftes in April het na 25 opgeskuif teen gemiddeld 2.8 per dag. In Windhoek is nou 200 sterftes direk en indirek aan Covid-19 toegeskryf; 35% van alle Covid-19-sterftes in die land.
Nuwe gevalle onder gesondheidswerkers neem ook af terwyl nog 277 persone Vrydag teen die virus ingeënt is; 224 in Windhoek en 53 in Walvisbaai en Swakopmund.
Walvisbaai het nou in totaal meer as 5 000 gevalle aangeteken sedert die distrik in Junie 2020 die aanvanklike episentrum van plaaslike verspreiding geword het.
Die hoofstad het die 16 500-merk verbygesteek terwyl Mariental nou meer as 900 gevalle aangeteken het; Tsumeb meer as 800 en die Kunenestreek 1 300 in totaal.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie