Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

Om ’n nasionale stemproses midde-in ’n openbare gesondheidskrisis te hê, hou ongekende uitdagings in.
Denver Kisting
Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later vanjaar te reël, is “’n komplekse, intense proses”.

Dit is die eerste keer in onafhanklike Namibië dat ’n nasionale verkiesing te midde van ’n openbare gesondheidskrisis plaasvind.

Boonop vrees selfs Mujoro dat die stempersentasie vanjaar selfs laer as normaalweg sal wees vanweë die impak van die Covid-19-pandemie.

Dié verkiesings is geskeduleer om op 25 November vanjaar plaas te vind.

Mujoro het Maandagaand op nasionale televisie (NBC) gesê dit is een ding om te besluit om die verkiesings tot aanstaande jaar uit te stel, maar weens die voortslepende onsekerheid is daar geen waarborg dat die pandemie oor ’n jaar onder beheer sal wees nie.

Dít kom te midde van lede van die publiek wat eis dat die verkiesings nie later vanjaar moet plaasvind nie.

Mujoro sê die ECN werk nou saam met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste om te verseker niemand word in aanloop tot en tydens die verkiesings aan die virus blootgestel nie.

Die ECN-voorsitter, adv. Notemba Tjipeuja, het verlede Vrydag die verkiesingsliggaam se 30 bladsy lange strategie, “Ensuring Inclusive and Credible Elections Amidst Covid-19”, bekend gestel wat ten doel het om die veiligheid van alle rolspelers te verseker.

Sy en Mujoro sê ofskoon die plan reeds aan belanghebbendes vir insae voorgelê is, is hulle ten gunste van verdere insette. “Die strategie is egter nie ’n finale produk nie. Dit sal deurlopend aangepas en verbeter word soos omstandighede verander,” het Tjipueja gesê.

Volgens Mujoro het hulle tot dusver meestal oor tegniese aangeleenthede aanbevelings ontvang met geen ingrypende wysigings wat voorgestel is nie.

Dit is volgens hom ’n moontlike aanduiding van hoe deurdag die plan is.

Naas om daarop aan te dring dat alle rolspelers by die nasionale regulasies hou om die verspreiding van die siekte te bestry, sal gevolge ook kom vir politieke partye wat agente afvaardig wat as kwesbaar beskou kan word, veral weens hul ouderdom.

Mujoro sê van die voorbereidingsprosesse, soos die opleiding van kiesbeamptes, moet in persoon geskied. “Die samedromming van ’n groot aantal mense in nabye kontak stel diegene in gevaar van die Covid-19-virus. Verskeie geleenthede onder meer die registrasie van kiesers, die opleiding van verkiesingsamptenare, politieke veldtogte vereis mense om in nabye kontak te wees. Die strategie beoog om oordrag te verhoed en mense teen die virus te beskerm,” het Mujoro Vrydag gesê.

Van die kwelpunte sluit in wanneer iemand wat stemgeregtig is op stemdag in kwarantyn of isolasie sal wees.

Die plan, sê Mujoro, is om dié mense wel te bereik en beamptes sal toegerus wees met persoonlike beskermende drag (PPE’s).

Hulle besef eweneens dat die perk op die aantal mense wat tans geld – 100 vir die 13 streke en 50 en tien vir onderskeidelik Erongo en die drie geraakte areas (Walvisbaai, Swakopmund en Erongo) – kan mense ook op stemdag ontmoedig om hul demokratiese reg uit te oefen.

’n Aanvullende registrasieproses word vir 7 tot 15 September beplan.

Tradisionele stembriewe

Kragtens ’n hooggeregshofuitspraak van vroeër vanjaar mag elektroniese stemtoestelle (EVM’s) net weer in ’n nasionale verkiesing gebruik word mits dit vergesel word met ’n naspeurbare papierspoor.

Tjipeuja het vroeër gesê dít is nie in dié stadium ’n lonende moontlikheid nie. Derhalwe sal vanjaar se beplande verkiesings by wyse van tradisionele stembriewe geskied.

“Ons glo dat die land steeds ’n suksesvolle verkiesing kan hou as belanghebbendes elkeen ’n bydrae lewer en almal die strategie ter harte neem,” het Tjipueja gesê. - [email protected] en [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.9 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.15 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.91 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%