Covid-19 verander aard, omvang van werksgeleenthede

08 June 2021 | Landbou
Dr. Kobus Laubscher - Daar word van die landboubedryf verwag om meer en blywende werksgeleenthede te skep. Die realiteit dikteer egter anders. Outomatisasie en die vervanging van mense is grootliks aan die orde en landbou word meer masjienafhanklik. Daarmee saam vaar ontwikkelaars al hoe beter met kunsmatige intelligensie wat masjiene leer dink. Daar bestaan al prototipes van plase sonder ‘n enkele werknemer, want robotte doen die werk!

Moderne, primêre landbou kan nie meer werksgeleenthede skep nie – dit word eerder minder namate tegnologie ingespan word. Implemente sonder bestuurders is nie meer ‘n vreemde gesig nie. Dit is meer akkuraat en ook nie onderworpe aan allerhande arbeidswetgewing ensovoorts nie. Waar mense nog betrokke gaan wees, wag ‘n nuwe bedeling ten opsigte van vaardighede in die pyplyn.

Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) het ‘n 2020 ‘n verslag gepubliseer waarin werksgeleenthede in die breë ontleed is met die oog op vaardigheidsoordrag in die volgende klompie jare. Alhoewel dié verslag nie noodwendig spesifieke nywerhede geteiken het nie, is daar belangrike tendense uitgelig waarvan landbou moet kennis neem. Dié kennisname is veral gerig op beleidmakers, want indien arbeidsbeleid nie behoorlik voorsiening maak vir hierdie veranderings nie, sal landbou as sektor se bydrae tot ekonomiese groei gestrem word.

Kunsmatige intelligensie soos wat dit ingebou word in nuwe tegnologie, gaan die nuwe normaal wees – ook in die landbou. Lande wat dit omarm, sal eenvoudig meer mededingend wees en markte buite die bereik plaas van laatslapers.

Afstandswerk, digitalisasie en outomatisasie is die drie hoofstrome waarvan die omvang en tempo van verandering betekenisvol verander is deur Covid-19. Indien ‘n mens egter luister na uitsprake van politici, welke gesprekke weer neerslag vind of kan vind in beleidsontwikkeling, is dit duidelik dat daar meer blaf as byt is.

Teen 2025 kan tot 85 miljoen rolle (deel van werkgeleenthede) vervang word deur outomate wat nie net bloukraagwerkers sal raak nie, maar ook die sogenaamde witboordjieposte. Masjiene en mense sal ‘n gelyke aandeel hê in die aantal ure gewerk.

Teen daardie tyd kan ‘n boer in Otjiwarongo dalk sy beeste laat bespuit of selfs inent met die hulp van ‘n hommeltuig wat hy vooraf geprogrammeer het. Hy sal nie hoef te wag tot ‘n weekdag wanneer almal opgedaag het vir werk en dan met die program begin nie. Trouens, die werk wat die hommeltuig sal kan doen, sal bepaald deur ‘n onafhanklike kontrakteur vir ‘n klomp boere in die omgewing gedoen kan word en sommer die medisyne se besonderhede dadelik invoer na ‘n rekenaar wat rekords hou.

Volgens die WEF sal daar teen 2025 altesaam 97 miljoen nuwe werkgeleenthede geskep wees, maar nadat ongeveer 85 miljoen werkgeleenthede afgeskud is. Vaardighede in die nuwe bedeling sal heeltemal anders daar uitsien, maar met die klem op vaardighede soos probleemoplossing, kritiese denke en uiteraard vaardighede wat verband hou met kunsmatige intelligensie. Die klem gaan val op digitale bemagtiging, maar met hoëvlak aandag aan die psige van die mense wat nogtans die werk moet doen. Mense gaan net anders toegerus wees om anders te kan werk, want na verwagting sal tot 40% van huidige kernvaardighede teen 2025 vervang/verander word.

Nywerheidsleiers se siening van opleiding sal en is reeds aan die verander. ‘n Kort leertyd en aanwending van werkers voordat al die nuwe vaardighede onder die knie is, sal die aangewese wees. Werknemers en bestuur gaan nuwe vaardighede aanleer en wéér aanleer. Opleiding gaan kontinuum wees en word.

Die vraag is waar staan landbou in hierdie ontwikkelingsproses? Indien mens luister na hoe beleidmakers dit sien, is daar nie ‘n oortuigende “ja” ter ondersteuning nie. Selfs basiese vaardighede moet afgestof word.

Die Chinese skep digitale dorpe vir boere pleks van agriparke om hulle nuwe op te lei. Plaaslike pogings is ver hiervan verwyder en landbou sal die leiding moet neem.

Soortgelyk

 

27 sterftes, 1 403 nuwe gevalle

33 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-sterftes styg met 27 - tien in Windhoek, drie elk in onderskeidelik Oshakati en Onandjokwe, twee elk in onderskeidelik Okahandja, Tsumeb en Rehoboth en...

27 sterftes, 1 649 nuwe gevalle

23 ure gelede | Gesondheid

Die sterftesyfer skiet met nog 27 - nege in Rehoboth, agt in Windhoek, drie in Keetmanshoop, twee in Walvisbaai en een elk in onderskeidelik Karasburg,...

Mental well-being suits us all

2 dae gelede | Mense

DR JOHN STEYTLERMental health is a subject which we are only starting to scratch the surface of in Namibia and it is not talked about...

Diva of finesse and fitness

2 dae gelede | Mense

Jeanette DiergaardtLiezel Ndjaronguru, a 32-year-old businesswoman, allows fitness enthusiasts to bring their best attitude to the table when working out. In 2013 the owner of...

Bonifatius Kantori Paulino is the Managing Director at Alexander...

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Since Paulino joined Alexander Forbes, he spent some time to familiarise himself with the areas of responsibility of the position of...

Streng vereistes vir gebruik van blitstoetse

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Namibiese Medisynebeheerraad (NMRC) het opgedateerde regulasievereistes vir die verkoop, verspreiding en gebruik van antigen-blitstoetse vrygestel.Die NMRC sê antigeen diagnostiese blitstoetse (Ag-RDT’s)...

Sterftes neem sesvoudig toe

2 dae gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die Covid-sterftes vir Namibië het bykans sesvoudig die afgelope ses maande toegeneem – vanaf 16 sterftes per week in Desember verlede jaar...

'Woestynpsalm' nou in pylvak

2 dae gelede | Byvoegsels

Bosman Films, 'n jong produksiemaatskappy in die Namibiese filmbedryf, het opgewonde aangekondig dat produksie vir hulle eerste film, Woestynpsalm, onlangs afgehandel is. Woestynpsalm is 'n...

High-flyer Samantha Geyser soared to customer service executive at...

2 dae gelede | Mense

Staff reporterSamantha Geyser dreamed of becoming a pilot when she was a young girl. She admired Amelia Earhart for her achievement of being the first...