Covid-19-regulasies: Toekoms eers later bekend

30 July 2020 | Gesondheid


Denver Kisting – Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vroeër vandag by navraag aan Republikein gesê die regering sal nie vandag die weg vorentoe bekend maak wat die Covid-19-regulasies betref nie.

Naas Erongo is die ander 13 streke tot middernag op Maandag 3 Augustus in fase 4.

Erongo is tans in fase 3 met aanvullende maatreëls wat vir Walvisbaai, Swakopmund en Arandis geld.

Dié maatreëls is deel van die regering se pogings om die verdere verspreiding van die pandemie hok te slaan.

Kuugongelwa-Amadhila sê: “Ons sal nie vandag aankondig wat die noodtoestandbedeling ná 3 Augustus sal wees nie. Maar ons sal vandag of môre ’n aanduiding gee van wanneer die aankondiging oor die nuwe bedeling sal wees.”

Intussen het pres. Hage Geingob ’n beroep gedoen op alle besighede en instellings wat hom Maandag in die media by wyse van advertensies wou gelukwens om eerder daardie geld aan die regering se Covid-19-noodfonds te skenk.

Geingob word Maandag 79 jaar oud.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

1 uur gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

5 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

16 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

16 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

16 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

16 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

16 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...

Japanese embassy lends helping hand

16 ure gelede | Onderwys

AI Steenkamp Primary School in Windhoek inaugurated five new classrooms as well as a storeroom on 6 August with aid from the Japanese embassy through...