Covid-19-oorsig: Afgelope 7 dae en 4 weke
Covid-19-oorsig: Afgelope 7 dae en 4 weke

Covid-19-oorsig: Afgelope 7 dae en 4 weke

Dani Booysen
Gemeet oor sewe dae het Namibië se gemiddelde nuwe gevalle van Covid-19 per dag teen Woensdag met 5% toegeneem tot 413.
Die drie weke voor dit se nasionale gemiddeldes per dag was 392, 480 en 425.
Die oorsig strek vanaf 17 Desember tot 13 Januarie en sluit nuwe uitslae uit wat vandag aangekondig word. Dit was Woensdag 306 dae sedert die eerste twee gevalle van die coronavirus in Namibië aangeteken is.
Ons kaart wys die daaglikse gemiddelde gevalle per gesondheidsdistrik waar die syfer tot Woensdag 5 of meer was.
‘n Toename in distrikte buiten die aanvanklike brandpunte is die dryfveer agter die nasionale toename.
Op Outapi (4 gevalle per dag) en Outjo (2 per dag) het daaglikse gemiddeldes tot minder as vyf afgeneem.
Ander distrikte nie op die kaart met huidige sewedaggemiddeld en vorige sewedaggemiddeld:
Okakarara 3 (2), Khorixas 4 (3), Andara 4 (1), Nankudu 0,4 (0), Okahao 2 (1), Nyangana 0,3 (0,1), Oshikuku 4 (4), Tsandi 3 (0,9), Engela 3 (4), Okongo 1 (0), Aranos 0,3 (0,3)

STERFTES
Met 56 sterftes wat reeds in Januarie aan Covid-19 toegeskryf is, is dit die dodelikste maand nog met ‘n daaglikse gemiddeld van byna vyf sterftes per dag.
Die meeste sterftes nog op een dag was agt, op 9 Januarie 2021. Op beide 1 Januarie en 5 Januarie het sewe mense omgekom.
Van die 56 persone wat vandeesmaand gesterf het, was 35 mans (62,5%) en 21 vroue (37,5%).
Van die persone was 33, byna 60%, 60 jaar oud of ouer.
Ouderdomsverspreiding: 20+ 2, 30+ 3, 40+ 8, 50+ 10, 60+ 15, 70+ 13, 80+ 5

TOETSE
Gedurende die laaste sewe dae, ná Kersfees en Nuwejaar, was daar ‘n toename in toetsing.
Tot Woensdag is gemiddeld daagliks meer as 2 000 toetsmonsters verwerk. Die totaal oor sewe dae was meer as 14 700. Hiervan was 1 973 per dag nuwe toetse (totaal 13 808) en 140 per dag hertoetse (totaal 978).
Die drie sewedagsiklusse voor dit se totale en gemiddeldes was as volg:
Nuwe toetse 10 783 (gem. 1 540/dag), hertoetse 831 (gem. 119/dag)
Nuwe toetse 12 533 (1 790/dag), hertoetse 837 (120/dag)
Nuwe toetse 12 418 (1 774/dag), hertoetse 401 (57/dag)

HERSTEL
Oor die periode van 28 dae is 10 472 pasiënte tot die groep hersteldes bygevoeg.
Die weeklikse gemiddeldes per dag was 454, 370, 411 en 261.
Gedurende die sewe dae tot Woensdag het 159 gesondheidswerkers positief getoets teen teen ‘n gemiddeld van 23 per dag.
Die totale en daaglikse gemiddeldes vir die drie sewedagsiklusse voor dit was 192 (27/dag), 150 (21/dag) en 149 (21/dag).
Totale en daaglikse gemiddeldes oor dieselfde vier sewedagsiklusse:
Nuwe gevalle 60 en ouer: 252 (36/dag), 269 (38/dag), 282 (40/dag), 195 (28/dag)
Nuwe gevalle 5 jaar en jonger: 80 (11/dag), 68 (10/dag), 76 (11/dag), 48 (7/dag)
Namibië het nou meer persone in kwarantyn as ooit te vore. Die syfer het Woensdag op 2 121 gestaan.
Per week in kwarantyn geplaas (net staatsfasiliteite): 2 303, 885, 1 032, 1 941
Per week uit kwarantyn ontslaan: 1 671, 943, 950, 1 468
Nuwe kontakte nagespoor oor afgelope vier sewedagsiklusse: 4 028, 3 158, 2 755, 2 957

AKTIEWE GEVALLE PER STREEK
Erongo 358
Hardap 100
Kavango-Oos 133
Kavango-Wes 7
//Kharas 479
Khomas 358
Kunene 67
Ohangwena 126
Omaheke 144
Omusati 87
Oshana 730
Oshikoto 222
Otjozondjupa 172
Zambezi 63

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!