Covid-19: ‘Maak data, DStv gratis,’ vra owerheid
Duisende Suid-Afrikaners word gedwing om van die huis af te werk, terwyl skole en universiteite gesluit is.
Petrus Malherbe – Die Onafhanklike Kommunikasieowerheid (Okosa) doen ’n beroep op diensverskaffers en betaaltelevisiedienste om in die lig van die Covid-19-pandemie gratis dienste te lewer.
Duisende Suid-Afrikaners word gedwing om van die huis af te werk, terwyl skole en universiteite gesluit is, sê Okosa in ’n verklaring.
Om behoorlik te kan funksioneer gaan mense groot hoeveelhede data en toegang tot nuusdienste benodig om ingelig te bly oor die virus, maar ook om hul werksaamhede en opvoeding voort te sit.
“Daarom versoek ons alle diensverskaffers om gehoor te gee aan ons beroep om die land in staat te stel om die verspreiding van Covid-19 te versag deur maklik en bekostigbare (of gratis) toegang tot data te bewerkstellig.”
Die owerheid sê hy is bereid om “in hierdie nasionale ramptoestand” meer hoëfrekwensiespektum beskikbaar te stel ten einde ’n opeenhoping op selfoonnetwerke te verlig sodat kostes verlaag kan word.
Diensverskaffers wag reeds 15 jaar op ’n meer beskikbare spektrum, wat dit ironies maak dat Okosa nou bereid is om dit op kort kennisgewing beskikbaar te stel.
Die owerheid is ook bereid om in reaksie op die pandemie diensverskaffers strydig met sy eie reëls toe te laat om “spesiale pakkette” aan kliënte te bied.
Normaalweg moet diensverskaffers aansoek doen by die owerheid as hulle nuwe pakkette, ook datapakkette, beskikbaar wil stel.
MTN het by navraag gesê hy het reeds verskeie stappe geneem om die impak van Covid-19 te probeer verlig. Die diensverskaffer beplan ook om bykomende dienste Vrydag aan te kondig.
Stel ook DStv beskikbaar
Intussen doen Okosa ook ’n beroep op die eienaars van betaaltelevisiedienste om dit beskikbaar te stel aan Suid-Afrikaners wat nie reeds intekenare is nie.
“Dit sal die publiek help om toegang te kry tot inligting wat hulle kan gebruik om die aanslag van die virus te hanteer.”
DStv, wat deur MultiChoice bedryf word, het wel vroeër vandeesweek aangekondig dat hy verskeie nuuskanale gratis beskikbaar gaan maak, ongeag of jy ’n intekenaar is of nie.
’n Mens kan dit egter net op die DStv Now-app kyk, wat selfoondata of ’n vinnige WiFi-verbinding benodig.
DStv Now, wat op enige selfoon, skootrekenaar of tablet werk, is gewoonlik net vir diegene met DStv se duurste pakket beskikbaar. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie