Covid-19: Kabinet neem geen formele besluite

Kunene kry noodsaaklike hulp

29 June 2021 | Regering
Augetto Graig – Hoewel die kabinet op 22 Junie die bekamping van Covid-19 bespreek het, is geen amptelike besluite oënskynlik hieroor geneem nie.

Dit, volgens die presidensiële woordvoerder, dr. Alfredo Hengari, wat gesê het praktiese ingrypings soos die voorsiening van suurstof, benodig nie 'n beslissing van die kabinet nie.

“By 'n kabinetsvergadering kan maatreëls bespreek word wat sonder resolusies uitgevoer kan word,” sê hy.

Dit is volgens Hengari hoekom die kabinetsbesluite wat Vrydag bekend gemaak is, nie spesifiek handel oor die bekamping van Covid-19 nie.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga, wat tans self weens Covid-19 isoleer en nie die vergadering kon bywoon nie, sê interne ­kabinetsbesluite word nie ­noodwendig met die publiek gedeel nie.

Die kabinet het wel beslis dat hulp spoedig aan die Kunenestreek verleen moet word weens die rampsituasie in die streek as gevolg van die voortdurende droogte.

Die kantoor van die eerste minister moet in die volgende drie maande vragmotors en helikopters ­beskikbaar stel om droogtehulp te versprei en om boorgate dringend te herstel.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur moet bykomende voedseltoelae vir skoolvoedingsprogramme voorsien om te verseker ­skoolkinders ontvang twee maaltye per dag.

Die kantoor van die eerste minister moet ook in die volgende jaar verseker bykomende boorgate word by strategiese punte gesink, terwyl die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme die aantal wilde diere in die gebiede Opuwo Landelik, ­Sesfontein en Khorixas moet verminder.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming en die Kunene-streekraad moet oor die volgende twee tot vyf jaar 'n hidroponiese voerprojek van stapel stuur en 'n waterpypleiding van Ruacana na Opuwo bou.

Volgens die kabinetsverklaring oorweeg die regering om water van die Kunenerivier na kwesbare gemeenskappe te laat pomp, en sal ook weer kyk na die opsie van 'n ontsoutingsaanleg om drinkwater vanaf die see na die streek se inwoners te bring.

Die streekraad moet boere help om bemarking van lewende hawe te formaliseer, terwyl die regering boere in gebiede waar weiding genormaliseer het, se troppe moet

vergroot.

Verder moet die streekraad ook groenskemaprojekte by Otjinungua en die Opuwo-vallei ondersoek, om voedselsekerheid te bevorder.

Die eerste minister is opdrag gegee om voor die einde September aan die kantoor van die Speaker verslag te doen oor vordering met die ingrypings in die Kunenestreek.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Ernstige ongeluk tussen Grünau en Keetmanshoop

43 minute gelede | Ongelukke

'n Ernstige ongeluk het 80 km van Keetmanshoop in die rigting van Grünau plaasgevind. Noodpersoneel is op die toneel van die ongeluk wat by 'n...

Geen sterftes, 112 nuwe gevalle

56 minute gelede | Gesondheid

Geen nuwe Covid-sterftes is gister aangeteken nie, terwyl 112 nuwe gevalle, 'n positiewe koers van 8%, aangemeld is. Dit sluit 66 leerlinge, drie onderwysers en...

Kuier saam met Cassidy onder die sterre

1 uur gelede | Kuns en vermaak

By die Night Under the Stars (NUTS)-konsert wat op Vrydag 1 Oktober plaasvind, sal die plaaslike musikant Cassidy op die verhoog te sien wees. Dié...

Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg

3 ure gelede | Gesondheid

Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan...

Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val

4 ure gelede | Misdaad

'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die...

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

9 ure gelede | Internasionaal

Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.Dit beteken egter nie mnr. Olaf...

Klein, maar getrain

16 ure gelede | Landbou

William Klazen junior (5) van Windhoek is gister aangewys as die beste kindertouleier by die Windhoek Skou in die afdeling vir nul tot ses jaar....

Tragedie tref ná rugbywedstryd

16 ure gelede | Plaaslik

Andrew Poolman – Die tragiese heengaan van Edwardo Nell kort ná ’n rugbywedstryd Saterdag is vir FNB Wanderers-klub en die rugbygemeenskap ’n diepe skok.“Ons is...

Nida probeer kraaines oor geldsake ontrafel

16 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) is besig om ‘n regsmening in te win oor sy wetlike verpligting om die mediesefondsbydraes...