Covid-19-gevalle styg met 64, totaal nou 2 470
Covid-19-gevalle styg met 64, totaal nou 2 470

Covid-19-gevalle styg met 64, totaal nou 2 470

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MohSS) dr. Kalumbi Shangula sê uit die uitslae van 719 weefselmonsters wat die afgelope 24 uur ontvang is, het 64 mense positief vir Covid-19 getoets. Hiervan was 44 in Walvisbaai, vyf in Swakopmund en 15 in Windhoek. Uit die 64 gevalle is 34 mans en 30 vroue en die ouderdomme wissel van ses tot 64 jaar.

Die ouderdomme vir die 15 gevalle in Windhoek wissel van 22 tot 54 jaar en sluit nege vroue en ses mans in. Ses van die gevalle is kontakte van bevestigde gevalle. Die res (nege) wat nie kontakte is nie, toon Covid-19-verwante simptome. Die 15 gevalle is onder meer in Goreangab, Okuryangava, Golgota, Katutura, Soweto, Suiderhof, Wanaheda, Kleine Kuppe en Eros aangeteken. Twee van die gevalle is onderwysers by dieselfde skool.

Shangula sê nog 24 mense het ten volle herstel wat die totaal nou op 211 te staan bring. Uit die 24 gevalle wat herstel het, is 11 in Windhoek, sewe in Walvisbaai, vier in Engela en twee in Okakarara.

Namibië het tans 2 247 aktiewe gevalle, die aantal sterftes is steeds 12, 29 233 weefselmonsters is tot op hede getoets en 1 688 mense is tans in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!