• Tuisblad
  • Gesondheid
  • Covid-19-gevalle in Windhoek styg met 26, 10 van dieselfde woonbuurt
Covid-19-gevalle in Windhoek styg met 26, 10 van dieselfde woonbuurt
Covid-19-gevalle in Windhoek styg met 26, 10 van dieselfde woonbuurt

Covid-19-gevalle in Windhoek styg met 26, 10 van dieselfde woonbuurt

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 70 nuwe gevalle van Covid-19 is in die land aangeteken. Hiervan is 26 in Windhoek, 30 in Walvisbaai, tien in Swakopmund, een in onderskeidelik Otjiwarongo, Okahandja, Keetmanshoop en Oshakati. Die 70 nuwe gevalle bestaan uit 44 mans en 26 vroue. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in Namibië op 2 540 te staan.

Die 26 gevalle in Windhoek is 13 mans en 13 vroue en die ouderdomme wissel van ses tot 64 jaar. Dertien is kontakte van bevestigde gevalle. Die gevalle is onder meer in Brakwater, Cimbebasia, Brakwater, Freedom Square, Hochlandpark, Klein-Windhoek, Ombili, Herero-lokasie, Okapuka Poultry en Grysblok aangeteken.

Volgens Shangula is 10 van die gevalle in die Herero-lokasie en inwoners wat 'n kerkgeleentheid op 25 Julie bygewoon het. Volgens hom is die kans groot dat nog mense wat die geleentheid bygewoon het, Covid-19 onder lede kan hê. Shangula het gemaan troues, begrafnisse en kerkdienste is van die grootste dryfvere in die oordrag van die siekte en moet sover as moontlik vermy word.

Die geval in Keetmanshoop is 'n 28-jarige man wat uitgelewer is uit Suid-Afrika, hier getoets en in kwarantyn in die gevangenis in Windhoek is. Die geval op Otjiwarongo is 'n 48-jarige onderwyser wat in 'n private hospitaal opgeneem is.

Shangula sê 'n rekordaantal mense het intussen ook van die virus herstel en wel 345. Dit is 325 in Walvisbaai, ses in Oshakati, vyf in Mariental, vier in Windhoek, een in Okakarara, een in Otjiwarongo en een elk in Oshikoko, Outapi en Keetmanshoop. Dit bring die totaal 556 mense wat van die siekte herstel het.

Die aktiewe gevalle in die land staan op 1 972, 29 2779 weefselmonsters is tot op hede getoets en tans is 1 632 mense in kwarantyn in geriewe oraloor in die land.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!