Covid-19 eis sewesseisoen; Kiwi’s kampioen
Rugby
Marnus Kok – Weens die Covid-19-pandemie is die res van die toernooie van die huidige seisoen van Wêreldrugby se sewesreeks gekanselleer en is Nieu-Seeland as kampioen aangewys.
Wêreldrugby het dié besluit vandag in ’n verklaring bekend gemaak.
Die toernooie in Singapoer, Hongkong, Londen en Parys is vroeër vanjaar na September en Oktober uitgestel, maar die onsekerheid wat wêreldwyd heers oor die koronavirus en internasionale reisbeperkings, het die ringkoppe genoop om die besluit te neem.
Die Blitsbokke eindig die seisoen in die tweede plek.
Bill Beaumont, voorsitter van Wêreldrugby, sê in die verklaring dit is jammer dat die seisoen afgelas moet word, maar dat die welstand van die rugbygemeenskap en die groter gemeenskap die eerste prioriteit is.
Dit is die eerste keer sedert die 2013-’14-seisoen dat die Kiwi’s die reeks wen. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie