Covid-19: Drie maande later
Covid-19: Drie maande later

Covid-19: Drie maande later

Drie maande nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) die wêreld oor die nuwe coronavirussiekte (Covid-19) gewaarsku het, stuur lande op die erge resessie in 100 jaar af.
NAMPA
Europese lande probeer ‘n balans vind met die verligting van coronavirus-inperkings, soos Duitsland wat van Woensdag af almal sal verplig om maskers in winkels te dra, terwyl die wêreldekonomie op sy knieë gedwing word deur die pandemie.

Opgewondenheid oor stappe van normaliteit word gedemp deur vrees vir nuwe gevalle van ‘n siekte wat reeds die lewens van 214 000 mense wêreldwyd geëis het.

Selfs ‘n geleidelike terugkeer na alledaagse aktiwiteite is “riskant”, het die Franse eerste minister, mnr. Edouard Philippe, gewaarsku tydens sy bekendmaking van planne om die inperking volgende maand geleidelik te lig.

Die mense in Duitsland word van Woensdag af verplig om maskers te dra voor hulle winkels mag binnegaan. Die winkels het laas week begin heropen ná die regering aangekondig het die uitbreking is onder beheer.

Diegene wat van publieke vervoer gebruik maak, word reeds verplig om neus- en mondbedekkings te dra.

“Ons moet almal versigtig wees vir nuwe infekterings,” het mnr. Lothar Wieler, president van die Robert Koch Instituut in Berlyn, gewaarsku.

Voorspellings maan dit kan die ergste wêreldwye resessie in ‘n eeu wees, met die vraag na goedere wat ten gronde gaan en die reis- en toerismebedryf wat besig is om dood te bloei.

British Airways is een van die rederye wat onlangs om hulp moes aansoek doen ná hulle glo ‘n derde van hul arbeidsmag verloor het, terwyl groot banke verslag doen oor groot verliese in kwartaal-winste.

In Libanon was daar meer eksistensiële tekens van ‘n ekonomiese krisis, waar betogers veiligheidsmagte gekonfronteer het in protes teen die nasionale inperking. Hulle het gekla hulle kan nie meer hul gesinne voed nie.

In reaksie op waarskuwings van ‘n vleistekort in Amerika, het die Withuis gesê president Donald Trump gaan ‘n uitvoerende bevel uitreik om vleisverpakkingsaanlegte te verplig om oop te bly, ten spyte van ‘n groot aantal Covid-19-sterftes in dié bedryf.

Amerika het reeds ‘n miljoen Covid-19-gevalle aangemeld, en 58 000 mense is reeds dood, wat meer is as die aantal Amerikaners wat in die Viëtnam-oorlog gesneuwel het. Dit is ook by verre die hoogste sterftesyfer wêreldwyd.

Italië, Spanje en Frankryk het elk meer as 23 000 sterftes aangemeld en is die Europese lande wat die ergste geraak is.

Dié kurwe blyk egter afwaarts te beweeg en die inperkings word stelselmatig gelig.

Verskeie lande, van Rusland tot Nigerië, beplan ook om inperkingsmaatreëls te verlig, ten spyte van kenners se waarskuwings van ‘n tweede golf wat die wêreld kan tref as inperkings te vinnig gelig word.

Mnr. Taju Olonade, ‘n busdrywer in Lagos, die grootste stad in Nigerië, het aan AFP gesê die owerhede se besluit is ’n bewys dat hulle uiteindelik “na mense se hulpkrete geluister het”.

“Ek het amper ‘n maand lank nie ‘n sent verdien nie,” het hy gesê. “Ek hoop dinge kan binnekort na normaal terugkeer.”

Dié respiratoriese siekte wat in Desember verlede jaar die eerste kop in China kop uitgesteek het, het meer as drie miljoen mense wêreldwyd besmet.

Die uitbreking in China blyk onder beheer te wees, met geen nuwe sterftes die afgelope twee weke nie en bevestigde sterftes wat tans op ongeveer 4 600 staan, alhoewel dié getalle al bevraagteken is.

China se staatsmedia het Woensdag gesê die topwetgewers sal volgende maand hul jaarlikse vergadering hou, wat vir die eerste keer in dekades uitgestel is weens die virus.

Die sessie word nou op 22 Mei gehou en is ‘n teken die leiers van China het reeds die virus grotendeels onder beheer, het mnr. Willy Lam, ‘n politieke ontleder van Hong Kong, gesê.

“Dit is ‘n teken China kom weer op hul voete en die ekonomie kom stadig weer aan die gang en gee mense die versekering die pandemie is verby,” het hy aan AFP gesê.

Wetenskaplikes skarrel om entstowwe te ontwikkel, met talle studies wat tans onderweg is, onder andere een van die Amerikaanse department van binnelandse veiligheid wat die moontlikheid ondersoek dat ultraviolet-bestraling die virus kan vernietig.

Alhoewel dié navorsing nog nie gepubliseer is nie, bring mense in Indonesië baie tyd in die son deur met die hoop die land se tropiese klimaat sal die virus weghou.

“Ek kom gewoonlik nie baie buite nie, want ek wil nie bruin brand nie,” sê me. Theresia Rikke Astria, ‘n 27-jarige huisvrou van Yogyakarta, Indonesië se kulturele hoofstad.

“Ek hoop egter hierdie sal my immuunstelsel versterk,” het sy gesê.

Honderde inwoners van New York het Dinsdag vir die eerste keer toegang tot instap- virus- en teenliggaamtoetse gehad, selfs dié sonder simptome en onderliggende gesondheidsprobleme.

Die 32-jarige mnr. Ariel Krupnik was bereid om vir twee ure in ‘n ry te wag vir ‘n US$300-bloedtoets.

Alhoewel die uitslae nie 100% betroubaar is nie, en selfs al is dit nie bewys dat teenliggame totale immuniteit waarborg nie, het Krupnik gesê ‘n positiewe uitslag sal hom minder verplig voel om heeltyd binne te bly.

“Ek kan ander mense help wat siek is,” het Krupnik gesê, aangesien dit sal beteken hy kan moontlik bloed skenk vir eksperimentele plasmabehandelings.

Intussen het Brittanje ‘n waarskuwing uitgereik oor coronavirus-verwante simptome wat by kinders voorkom, wat maagpyn en inflammasie rondom die hart insluit.

“Ek wil beklemtoon dít is skaars. Alhoewel dit beduidend is vir die kinders wat dit kry, is daar min gevalle al aangeteken,” het die gesondheidsekretaris, mnr. Matt Hancock, gesê. – Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!