Covid-19: Byna 1 000 weefselmonsters getoets

30 April 2020 | Gesondheid
Teen gister is 996 weefselmonsters in Namibië vir Covid-19 getoets. Dit sluit 785 by die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) en 211 by Pathcare. Die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) me. Esther Muinjangue het pas bevestig die land het steeds net 16 positive gevalle waarvan agt reeds herstel het. Muinjangue het verduidelik uit die 996 weefselmonsters wat getoets is, was 915 nuwe gevalle waarvan 872 getoets, 43 verwerp weens tegniese foute en 81 hertoets is. Hiervan was 857 negatief en een geval wat in Suid-Afrika getoets is, positief (een van Namibië se 16 gevalle). Volgens haar is 69 weefselmonsters gister getoets en wel 65 by NIP en 4 by Pathcare. Die ministerie monitor tans 218 kontakte waarvan vier aktief is. Uit die totaal van 682 mense wat in kwarantyn was, is 486 huis toe gestuur. Tans is 196 mense in kwarantyn in die land.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...