Covid-19 briek Switserse kulturele uitruilprogram

06 March 2020 | Gebeure
Henriette Lamprecht



Die wêreldwye uitbreking van covid-19 het veroorsaak dat twee Namibiese graad 10-leerlinge nie meer aanstaande week aan 'n ­internasionale koor- en musiek­uitvoering in Switserland kan deelneem nie.

Richter van Rooyen en Jani Lieben­berg, albei leerlinge aan die Windhoek Afrikaanse ­Privaatskool, sou Saterdag na die Switserse dorp Disentis vertrek – 'n bekende ­geskiedkundige dorp in die St. Gotthardstreek in die hart van die ­Switserse Alpe en die oorsprong van die Rynrivier.

Jani en Richter sou aan 'n twee weke lange kultuur- en kooruitruilprogram van die private skool Gymnasium & Internat Kloster Disentis deelneem, wat studente in staat stel om deel te wees van 'n koor- en orkestoer saam met meer as 140 deelnemers in katedrale en kerke in Switserland.

Instrumentiste en operasangers van oraloor Europa sou ook aan die uitvoerings deelneem.

Alle optredes vir Der Fels und das Schwert, wat van 13 tot 15 Maart sou plaasvind, is nou gekanselleer.

Die twee graad 10-leerlinge moes deur 'n streng keuringsproses gaan en is soos die res van die deelnemers op meriete gekies.

Volgens 'n amptelike omsendbrief wat deur Gymnasium & Internat Kloster Disentis aan ouers gestuur is, volg die besluit om vanjaar se uitruilprogram te kanselleer onder meer 'n verbod wat die ­Switserse regering op geleenthede in die land geplaas het, wat meer as 1 000 mense betrek.

Volgens die skool sal dit help om die verspreiding van die siekte in Switserland te voorkom of vertraag.

– [email protected]

Soortgelyk

 

Fishrot: Geen borg, eis ACC

17 minute gelede | Howe

Jemima Beukes Die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) is vas oortuig betrokkenes by die Fishrot-skandaal het op ‘n uitgebreide wyse saamgespan om honderde miljoene dollar te steel.Sowat...

Air Nam se vlerke geknip

17 minute gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Die nasionale redery is met sy rug teen die muur en het nie beweegruimte om langer die kwessie oor sy bankrotskap en...

Weer vir 9 Julie 2020

17 minute gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en nat toestande word Vrydag en Saterdag in die Suide en Weste verwag. Baie koue toestande word oor die suidelike, sentrale en oostelike...

Munisipale werkers betoog oor kontrakte

17 minute gelede | Regering

Kristien Kruger – Sowat 600 skoonmakers het gister tydens middagete na die Windhoek munisipale hoofkantore opgeruk om ‘n klagskrif aan die burgemeester, me. Fransina Kahungu,...

Itula se partyplanne op dreef

17 minute gelede | Regering

Denver Kisting – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê dié nasionale kiesliggaam het nog nie dr. Panduleni Itula se...

Pasgebore baba toets twee keer negatief

17 minute gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - 'n Pasgebore baba wat die naweek aanvanklik as Namibië se geval 362 van Covid-19 aangemeld is, het twee keer daarna negatief vir...

Bibbernaweek, reën voorspel

17 minute gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Namibiese weerkantoor het ‘n weerwaak uitgereik vir koue weer wat reeds van vandag af in die Weste verwag word.Terselfdertyd sal koue,...

Staat wil appelleer teen uitspraak oor arbeidsreëls

17 minute gelede | Regering

Ronelle RademeyerDie staat is voornemens om appèl aan te teken teen die volbank-uitspraak twee weke gelede waarin bevind is die Covid-19-arbeidsregulasies is ongrondwetlik en gevolglik...

Windhoek se vullis drom op

17 minute gelede | Regering

Denver KistingDae nadat die Windhoek-munisipaliteit (CoW) moes toegee hy is sy inkomste uit parkeermeters kwyt, het dié plaaslike owerheid erken hy het ook tans geen...