Coventry, Afrika se diamant
Coventry, Afrika se diamant

Coventry, Afrika se diamant

Swem
Tielman van Lill
Tielman van Lill – Die rekordboek vir Afrika-swem in kortbad- sowel as langbadkampioenskappe word met 'n stewige greep deur net vyf nasies oorheers.

Suid-Afrika met 68 rekords is verreweg die toonaangewende land, gevolg deur Zimbabwe (10), Tunisië (8), Egipte (3) en Kenia (1) wat die totaal op 90 te staan bring.

Suid-Afrikaanse manswemmers spog met 16 individuele en spanrekords in die langbad (50 meter) en nog 19 kortbadrekords (25 m), terwyl sy vroue elf langbadrekords en 18 in die kortbad hou. Namibië se suidelike buurman kraai ook met vier rekords koning in die gemengde aflosdissipline.

Tunisië se mans is die enigste land wat met Suid-Afrika kan saamgesels. Tunisië spog met vier rekords in beide die kortbad- en langbadweergawe.

Zimbabwe se ses langbad- en vier kortbadrekords is almal te danke aan Kirsty Coventry, wat ook haar land by vyf Olimpiese Speles (2000, 2004, 2008, 2012 en 2016) verteenwoordig het.

Die 36-jarige Coventry, tans Zimbabwe se minister van sport, het in 2000 as 17-jarige skoolmeisie die semifinaal by haar Spele-debuut behaal en was haar land se sportvrou van die jaar.

Coventry het in 2016 ná haar vyfde Olimpiese Spele uitgetree en spog saam met Krisztina Egerszegi (Hongarye) met die meeste individuele medaljes (7) deur 'n vroueswemmer in die Spele se geskiedenis.

In 2004 het sy drie medaljes by die Spele in Athene opgeraap wat brons, silwer en 'n goud (in die 200 m rugslag) insluit. Haar ander vier Olimpiese medaljes het sy in 2008 in Beijing, China, verower.

Sy het silwer in die 400 wisselslag (4 minute 29.89 sekondes, Afrika-rekord) asook die 100 rugslag (59.19 s) opgeraap en met haar tyd van 58.77 sekondes in die semifinale 'n wêreldrekord opgestel.

Haar derde silwermedalje het sy met 'n tweede Afrika-rekord (2:08.59) in die 200 wisselslag afgerond en ook goud in die 200 rugslag met 'n wêreldrekord (2:05.24) verseël.

Behalwe dat Coventry die mees bekroonde swemmer uit Afrika is, het sy Zimbabwe by vier wêreldkampioen­skappe (2005, 2007, 2008, 2009) asook die Statebondspele (2002) en drie Afrika-kampioenskappe (2007, 2011, 2015) verteenwoordig.

Haar deelname aan die 2002 Statebondspele in Manchester, Engeland, besorg goud aan die 19-jarige Coventry in die 200 wisselslag (2:14.53).

By die 2005 wêreldkampioen­skap het sy twee goud (100 rugslag in 1:00.24 en 200 rugslag in 2:08.52) om haar nek gehang. Haar twee silwermedaljes was in die 200 wisselslag (2:11.13) en 400 wisselslag (4:39.72).

Haar medalje-oes by die 2007 wêreldkampioenskap was silwer in die 200 rugslag (2:07.54) en 200 wisselslag (2:10.74). By die 2009 wêreldkampioenskap hang sy goud (200 rugslag, 2:04.81, wêreldrekord) en silwer (400 m wisselslag, 4:32.12) om haar nek.

By die Afrika-spele is sy 14 keer as kontinentale kampioen bekroon wat 14 goud en sewe silwermedaljes insluit.

Coventry se vyf Afrika-langbad­rekords staan reeds sedert 2008, 2009 en 2015 ongeskonde. Vier kortbad Afrika-rekords wat sy in 2008 opgestel het, pryk steeds in die rekordboeke.

'n Destydse wêreldrekord wat intussen verbeter is, was in die 100 rugslag (58.77) – intussen oortref deur vyf swemmers met die Amerikaner Regan Smith (57.77, 28 Julie 2019) die vinnigste van die lot.

Coventry se 2:04.81 in die 200 rugslag was ook destyds 'n wêreldrekord, met net twee Amerikaners, Smith en Missy Franklin, vinniger.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.04 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.16/OZ UP +0.68% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 863.10/T UP 2.02% | Brent Crude Oil US$ 87.33/BBP DOWN -0.0076 | Platinum US$ 906.27/OZ UP +0.46%