Corona: Geen beperkings op handel
Corona: Geen beperkings op handel

Corona: Geen beperkings op handel

Maskers as beskermingsmaatreëls teen die coronavirussiekte kan die verkeerde boodskap oordra en ’n vals indruk skep.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Teen die einde van dié week sal 20 lande in Afrika, insluitende Namibië, plaaslik toetse vir die coronavirussiekte (covid-19) kan doen.

Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se noodgesondheidsbeampte dr. Petrus Mhata is meer as 400 top-wetenskaplikes tans in Genève, Switserland, byeen om die ontwikkeling van ’n entstof teen die siekte te bespoedig.

Volgens Mhata het Afrika beduidende vooruitgang gemaak in voorbereiding op ’n griepepidemie.

Die coronavirus is ’n groot groep virusse wat siektes soortgelyk aan griep veroorsaak.

“Die voorbereidingswerk wat reeds vir ’n grieppandemie gedoen is, kan gebruik word indien ’n covid-19-uitbreking die streek tref,” het hy gesê.

Hy het gesê dit is belangrik om oor laboratoriums vir die vinnige toetsing van monsters te beskik.

“In die komende dae sal meer as 20 laboratoriums in die streek diagnostiese kapasiteit hê.”

Die WHO het 13 lande geïdentifiseer as lande wat voorkeur moet geniet weens hul direkte bande of hoë reisvolumes na China, wat hul voorkomingsmaatreëls moet verhoog.

Namibië val nie in dié groep wat lande soos Angola, Ghana, Nigerië en Suid-Afrika insluit nie.

Hy het beklemtoon die WHO stel nie enige reisbeperkings vir lande in Afrika voor nie weens die maatskaplike ontwrigting wat dit veroorsaak.

Ook weeg die intensiewe gebruik van hulpbronne swaarder as die moontlike voordele.

Met verwysing na die dra van maskers het Matha gesê dit is bedoel vir mense wat reeds geïnfekteer is of wat in kontak is met of iemand versorg wat siek is.

“Dit is bedoel om mense wat geïnfekteer is, te beskerm sodat hulle nie die virus versprei nie. Dit is tot ’n mate doeltreffend sou dit reg gebruik word.”

Die WHO se verteenwoordiger in Namibië, dr. Charles Sagoe-Moses, het gesê mense moenie te veel op maskers staatmaak en vergeet om ook hul hande te was nie.

Hy het verwys na die moontlike geval van covid-19 op Swakopmund waar ’n 33-jarige vrou negatief vir die siekte getoets het.

“Sy was saam met ’n klomp mense van China wat maskers op die vliegtuig gedra het. Die aanname was dat hulle siek moet wees omdat hulle maskers gedra het. Maskers kan ook die verkeerde boodskap uitdra en ’n vals indruk skep,” het hy gemaan.

Volgens Sagoe-Moses werk die WHO nou saam met internasionale verskaffings- en logistieke maatskappye om persoonlike beskermende klere en noodsaaklike medisyne aan mense en pasiënte aan die voorpunt van die pandemie te verskaf.

In die verband stuur die WHO onder meer 531 000 maskers, 350 000 pare handskoene en 18 000 isolasiepakke en ander beskermende toerusting om te verseker gesondheidswerkers in 24 lande word beskerm wanneer hulle pasiënte wat moontlik met die virus geïnfekteer is, diagnoseer en behandel.

Meer lande gaan bygevoeg word.

Met verwysing na die toets vir die siekte het Sagoe-Moses gesê die WHO stuur 250 000 toetse na meer as 70 verwysingslaboratoriums oraloor die wêreld om die toets vir die siekte te bespoedig.

Tot vroeg verlede week was daar net twee laboratoriums, een in Senegal en een in Suid-Afrika, wat reagense gehad het om monsters te toets.

Dertien lande kan nou vir die virus toets, met die syfer wat teen die einde van die week tot 20 sal styg.

“Die WHO stuur stelle na 35 laboratoriums in Afrika wat sal verseker dié laboratoriums het die diagnostiese kapasiteit om vir covid-19 te toets en kan buurlande se monsters ook toets,” het hy gesê.

Volgens Sagoe-Moses word platforms soos Google, Facebook, Twitter, Tencent en TikTok ook ingespan om fopnuus te weerlê en die regte inligting te versprei.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.84 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.94 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.03/OZ UP +1.29% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.06% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.59/BBP UP +1.39% | Platinum US$ 907.28/OZ UP +1.39%