COP26: ‘Oliesoektog ’n tikkende klimaatbom’ ...

’n Omgewingsaktivis beskuldig die regering op die vooraand van COP26 van huigelary om hy groen energie bepleit, maar terselfdertyd olieontginning steun.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Namibiese afvaardiging onder leiding van pres. Hage Geingob vertrek die naweek na die 26ste konferensie (COP26) van die Verenigde Nasies se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering (UNGCCC) in Glasgow, Skotland vertrek, “terwyl ’n klimaatbom in die Kavangorivierkom tik”.

“Ons vind dit ironies dat ons president en ons minister van die omgewing (mnr. Pohamba Shifeta) die COP26 bywoon om verslag te doen oor die regering se vasberade nasionale doelwit om klimaatsverandering te bekamp en finansiële steun vir ’n laekoolstof-ekonomie te werf.

“Dit geskied terwyl hulle tuis met ’n tikkende klimaatbom in die hartjie van die Kavangorivierkom sit. Dit is naamlik die potensiële oliebron wat ReconAfrica wil ontgin. Die Namibiese regering het deur Namcor ’n 10%-aandeel hierin. Indien ontginning realiseer, staar ons ’n katastrofe in die gesig staar.”

So sê die omgewingsaktivis, mnr. Reinhold Mangundu. Hy het onlangs saam met Prins Harry, die hertog van Essex, in ’n meningstuk in The Washington Post, gepleit die Okavango-delta moet teen die ontginning beskerm word. Hulle het saam met verskeie beroemdes soos Leonardi DiCaprio gevra vir ’n onmiddellike moratorium op die oliesoektog.

“As plaaslike omgewingswetenskaplikes en -aktiviste is ons baie bekommerd oor die toekoms as gevolg van die teenstrydige boodskappe van ons leiers,” sê hy.

Van lande word verwag om in Glasgow na vore te kom met ambisieuse 2030-teikens vir die vermindering van hul koolstofvrystellings sodat die netto vrystelling teen die middel van die eeu nul is. COP26 vind van 1 tot 12 November plaas.

Om dit reg te kry, moet lande hulle verbind om:

· die uitfasering van fossielbrandstowwe soos steenkool en olie te versnel;

· ontbossing te beperk;

· die oorskakeling na elektriese voertuie te bespoedig; en

· beleggings in hernubare energie aan te moedig.

Verder word beoog om die Parys-reëlboek (die gedetailleerde reëls wat die Parys-ooreenkoms van 2015 in werking sal stel) te finaliseer. Dit sal samewerking tussen regerings, die sakewêreld en die burgerlike samelewing verbeter en hulle in staat stel om die klimaatkrisis beter die hoof te bied.

Pres. Hage Geingob het vroeër vanjaar aangekondig die regering beplan die ontwikkeling en implementering van nasionale groen waterstof- en groen ammoniak-energiebronne as deel van die land se welvaartsinisiatiewe. Die presidensiële raadgewer oor ekonomie, mnr. James Mnyupe, het in Julie in ’n onderhoud met die televisiediens CNBCAfrica gesê die Namibiese regering kyk na die ontwikkeling van ’n “wêreldklas” hernubare energieprojek in samewerking met privaat vennote.

Hy het gesê gesprekke is reeds aan die gang met verskeie potensiële vennote. Dié potensiële kommersiële vennote sluit CWP Global, Fortescue en die Rotterdamse hawe in. Die Duitse federale regering (via die ministerie van onderwys en navorsing en die nuwe H2Global-program) en die VN (deur middel van die Groenklimaatsfonds) is ook potensiële vennote. Die voorleggings wat tot dusver aan die regering voorgelê is, beloop US$6-8 miljard, het hy gesê.

Die verwagting is geopper dat ’n aankondiging hieroor reeds vóór COP26 gemaak sou word, sê die Ammoniak-energievereniging op sy webblad ammoniaenergy.org na aanleiding van Mnyupe se onderhoud op CNBCAfrica.

“Ons wonder as jong Namibiërs of ons leiers bewus is daarvan dat ons nooit welvaart sal kan bereik met ’n bankrot omgewing nie. Ons begin ernstig dink hulle hou net die klimaatskrisis voor as hulle geldelike voordeel daaruit kan trek,” sê Mangundu.

“As aktiviste beskou ons dit as ’n dwaling om te beweer dat Namibië alles in sy vermoë doen om te lei met klimaatsaksie, en aan die ander kant ’n bedryf te ondersteun wat een van die grootste bydraers tot klimaatsverandering is.

“Die internasionale gemeenskap sal praktiese betrokkenheid van alle state vereis sodat hierdie teikens bereik kan word. As leiers op pad is na onderhandelinge wat 'n oorgang na 'n koolstofvrye wêreld ondersteun, moet hulle optrede ooreenstem met dit wat tuis gebeur,” sê hy. [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.10% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP DOWN -0.0014 | Platinum US$ 902.40/OZ UP +0.03% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.24 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.06 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.73% | Copper US$ 4.53/lb UP +2.10% | Zinc US$ 2 891.10/T UP 3.01% | Brent Crude Oil US$ 87.87/BBP DOWN -0.0014 | Platinum US$ 902.40/OZ UP +0.03%