Conradie praat met strydkinders

Ndilimani-groep reg om verskoning te vra
Augetto Graig
Augetto Graig - Mnr. Dirk Conradie, ’n Windhoekse prokureur, was verlede week by die Ndilimani-kleinhoewe in Brakwater naby Windhoek om met die groep strydkinders te praat. Dit volg nadat hy verlede Woensdag ? brief aan hulle oorhandig het waarin die Swapo-maatskappy Kalahari Holdings hulle aansê om 'n nuwe heenkome te soek.
Die groep wag sedert 2015 op die Swapo-party om hul lot te verbeter. Die kleinhoewe waar hulle woon, behoort aan Kalahari Holdings wat op sy buurt deur die Swapo-party besit word. Conradie verteenwoordig Kalahari Holdings.
Nogtans sê hy sy besoek aan die groep was in sy persoonlike hoedanigheid. Volgens hom het hul verteenwoordigers hom Woensdagmiddag besoek en verduidelik dat hulle geen regsverteenwoordiging het om oor die uitsettingsbevel teen hulle te onderhandel nie.
“Die probleem is nie net ? Swapo-probleem nie, maar ook ? nasionale probleem. Van die groep is al ouer as 40,” het hy gesê. Boonop kan die groep nie werk by die regering verwag nie omdat alle poste tans bevries is, sê hy. “Ek het hulle kom toespreek in my hoedanigheid as Dirk Conradie. Hulle het die prokureursbrief vir uitsetting van my ontvang. Normaalweg sou ek met hul prokureur onderhandel het, maar hulle het nie ? prokureur nie,” het hy gesê.
Hy het die groep aangemoedig om hulle goed te organiseer en geleenthede soek om ’n inkomste te verdien. “Ons moet die mense in gesamentlike onderneminge kry met maatskappye wat yslike tenders ontvang,” het hy aangeraai. “Wat die groep spesiaal maak, is dat hulle georganiseerd is en ander kan hulle nie beskuldig as hulle saam praat nie,” volgens Conradie. Hy het selfs vir die registrasie van ? maatskappy vir die strydkinders te betaal. “Ek sal betaal en ons sal die maatskappy stig, maar eers moet ons ? trust stig om te verseker alle strydkinders baat daarby. Blykbaar is daar tot 12 000 van hulle in die land,” het hy gesê.
Hy het almal gevra om die verlede agter te laat en om saam aan ? oplossing vir die groep se probleme te werk. “Die verlede is in die verlede. Almal het ? slegte verlede, maar as jy mense oor en oor herinner aan hul verlede, sal hulle begin lewe soos in die verlede. Hiervan kom klipgooi en al daardie dinge,” sê hy.
Gevra of Swapo-leiers so ? poging deur die strydkinders sal teenstaan, het Conradie gesê: “Om dit te blok, sou kinderagtig wees en net iets wat dié wat nie doelbewus na ? oplossing vir die probleem soek nie, sou doen.”
Conradie het die strydkinders ook oortuig om verskoning vir hul optrede te vra. Verlede week het hulle klippe na die polisie gegooi, veldbrande in die Brakwater-omgewing gestig, en die nasionale B1-hoofpad geblokkeer. Hul woordvoerder, Jerry Hamukwaya, het gesê hulle sal ? mediakonferensie hou om om verskoning te vra. Nogtans is hulle nie bereid om die kleinhoewe te verlaat om na Du Plessisplaas of Berg Aukas te gaan waar hulle opleiding kan ondergaan nie. “Van ons broers en susters wat op die Du Plessisplaas en by Berg Aukas gebly het, is dood van die honger na hulle nooit werk gekry het nie,” het een gesê. Volgens Hamukwaya het hulle geen keuse as om op die regering te wag en op Conradie te vertrou nie.
“Baie van die mense wat hier bly is bang om te trek omdat hulle geen ander plek het om na te gaan nie,” het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!