Connor vanoggend in semifinaal
Tennis
Andrew Poolman - Connor van Schalkwyk is soos verwag die vaandeldraer van die Namibiese aanslag op die Internasionale Tennisfederasie (ITF) se Suidelike Afrika junior toernooi (o.14 en o.16, seuns en meisies) wat dié week in Windhoek beslis word.
Die hoë verwagtinge is met goeie rede, nadat die boorling van die hoofstad verlede jaar die Afrika o.14-kampioenskap in Tunisië gewen en sodoende die vasteland se topgekeurde speler in dié ouderdomsklas geword het.
Intussen het Van Schalkwyk egter in Desember 14 jaar oud geword en na die o.16-ouderdomsklas opgeskuif. Hy is vierde gekeur vir die o.16-toernooi wat by die Sentraal-bane in Olympia gespeel word.
Gister het hy sy kwarteindstryd met 6-1, 6-2 teen Fenosoa Rasendra van Madagaskar oorheers.
Dit was sy derde oorwinning in drie dae, ná die openingsege teen die arme Thande Bhembe van Swaziland (6-0, 6-0). Maandag het hy met 6-1, 6-3 die oorhand teen Zimbabwe se Taona Mhwangadara gekry.
Dit bring Van Schalkwyk vanoggend om halfnege in die semifinaal teen die tweede gekeurde Carl Roothman van Suid-Afrika te staan. Roothman het gister verby die hardnekkige Ethan Sibanda van Zambië gevorder.
Die eindstryde word môre gespeel.
Twaalf lande se spelers is in die streektoernooi in Windhoek betrokke.
Van Vrydag af sal die lande in spanverband in 'n afsonderlike toernooi begin meeding.
Van Schalkwyk het laat gistermiddag in die dubbelspel saam met sy landgenoot George Louw gespeel. Hulle het met 6-2, 6-4 teen Swaziland (Thando Pheko en Hyden Morake) gewen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie