Comrades 2020 finaal van baan
Comrades 2020 finaal van baan

Comrades 2020 finaal van baan

Vir duisende hardlopers, wat Namibiërs insluit, sal dié aankondiging 'n teleurstelling wees, hoewel ook heeltemal te wagte.
Wim Pretorius – Vanjaar se Comrades-ultramarathon is finaal geskrap.

Dié besluit is gister ná gesprekke tussen die Comrades-vereniging (CMA) en KwaZulu-Natal Atletiek (KZNA) geneem, het Atletiek Suid-Afrika (ASA) aangekondig.

“Die kansellasie van wat die 95ste aanbieding van die Comrades-marathon sou wees, was 'n lang en moeilike een,” sê Aleck Skhosana, president van die ASA, in 'n verklaring.

“Met die wedloop se ryk geskiedenis, sy kragtige eienskappe van nasiebou en sy bydrae tot maatskaplike samehorigheid, sowel as sy groot ekonomiese impak sou 'n besluit om dit vroeër al te kanselleer, voortydig gewees het.”

Skhosana sê egter hulle glo dit was nou die regte tyd om die besluit te neem omdat die atlete se gesondheid en veiligheid beskerm moet word.

Cheryl Winn, voorsitter van die CMA, erken dat die besluit nie oral verwelkom sal word nie.

“Ons het die besluit geneem, wetend dat dit 'n groot teleurstelling sal wees vir duisende Comrades-­hardlopers, wat saam met die CMA gehoop het dat die wedloop op die een of ander manier sou kon voortgaan.

“Ons het gehoop om dit tot 'n datum nie later as September nie (afhangend van klimaatstoestande) uit te stel, maar met die Covid-19-pandemie wat geen tekens wys dat dit gou die wyk gaan neem nie en die verwagting dat dit in die komende maande 'n hoogtepunt sal bereik, is daar geen manier om te weet wat gaan gebeur nie.”

Jay Reddy, administrateur van KZNA, sê die kansellasie is 'n geskiedkundige een, maar deelnemers moenie hulself as slagoffers van die pandemie beskou nie.

“Kom ons vier eerder die wete dat ons as atlete en rolspelers een van die groot wedlope opoffer omdat dit in die belang van die mensdom is.”

Reddy het atlete aangemoedig om die regering se inperkingsmaatreëls te bly gehoorsaam en te help om die verspreiding van die virus te beperk.

Winn het bygevoeg die CMA sal die 2 500 buitelandse aansoeke en 25 000 Suid-Afrikaanse inskrywings as volg hanteer:

• Met betrekking tot SA inskrywings (gegrond op die aanname dat almal wat ingeskryf het eindelik aan die wedloop sou deelneem) sal die inskrywingsgeld nie terugbetaal word nie, maar die #Comrades2020 T-hemp en geskenkpakkie, sowel as 'n embleem en flits sal gestuur word aan elkeen wat ingeskryf het.

Die besonderhede rakende die verspreidingsproses sal binnekort bekend gemaak word en sal binne die perke van die inperkingsmaat­reëls geskied.

Om logistieke redes sal hierdie proses net op Suid-Afrikaanse inskrywings van toepassing wees.

• Met betrekking tot buitelandse deelnemers sal alle inskrywings oorstaan na 2021 of 2022, afhangend van wat die atleet verkies. Alle buitelandse atlete sal die opsie hê om hul 2020-inskrywing na 2021 oor te dra.

• Met betrekking tot agtereenvolgende medaljes, sal alle atlete wat in 2019 hul eerste Comrades-medalje gewen het tydens die op-wedloop na Pietermaritzburg steeds vir die agtereenvolgende medalje kwalifiseer wanneer hulle die af-wedloop in 2021 voltooi.

• Dus sal die 2021-Comrades nou die status geniet as die 95ste weergawe van die ultramarathon, met die wedloop wat om 05:30 by die Pietermaritzburg-stadsaal sal begin en by die Moses Mabhida-stadion in Durban sal eindig. Dit sal die 47ste af-wedloop wees en ook die eeufees van die CMA, wat in 1921 gestig is.

• Die Comrades kon van 1941 tot 1945 weens die Tweede Wêreldoorlog ook nie plaasvind nie. En in 1940, vroeg in dié oorlog, het net tien atlete die wedloop voltooi.

“So moeilik as wat dit is, kan die CMA nou op volgende jaar se wedloop fokus met die wete dat ons op die passievolle lojaliteit en deelname van so baie atlete kan staatmaak,” sê Winn.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.81 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.17 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.31 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.19 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 384.59/OZ UP +0.70% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.02% | Zinc US$ 2 822.80/T UP 0.03% | Brent Crude Oil US$ 87.56/BBP DOWN -0.0017 | Platinum US$ 941.71/OZ UP +0.18%