Come hell or high water, ek vlieg Air Namibia

31 December 2003 | Politiek en nasionale nuus
Dit is nou nie \'n staatsgeheim dat Air Namibia die afgelope tyd weens swak administrasie en die gepaardgaande finansiële terugslae deur diep waters gegaan het nie, maar Vader sy dank is daar nou nuwe administrateurs aan bewind wat blykbaar weet hoe om met \'n abakus te werk en die positiewe uitwerking is klaar duidelik merkbaar.
Voor in die wolke brand \'n lig en die goggas wat vir die donker tyd verantwoordelik was, is sak en pak met miljoene Namibiese dollars die land uit om iemand anders in \'n ander land te gaan bevark.
Dit is verblydend dat onse eie lugredery nou weer op dreef is, maar selfs in die troebel tye was daar nog nooit twyfel oor die vermoëns van ons vlieëniers en kajuitpersoneel nie.
Van ons lugwaardinnetjies het wel die boudjies daar vêr in Duitsland geswaai en die vuiste het al op \'n vlug geklap, maar andersins hoef ons lugwaardinne vir geen ander lugredery terug te staan nie.
Sit in die feesdae af na Suid-Afrika om my ouers te besoek en reeds in \'n feestelike stemming laai Tubbie en Oupa my sonder seremonie by die lughawe af. Nog later aan boord van die Boeing ontmoet ek ander mense wat ook in \'n vrolike stemming is en dit raak toe sommer heel gesellig daar saam met my nuwe vriende.
Skrik my byna boeglam toe een van die lugwaardinne my op die skouer klop en inlig dat die kaptein van die vliegtuig my in die beheerkajuit wil sien. Voel onmiddellik in my sakke of ek nie dalk per ongeluk \'n skerp voorwerp of \'n vuurwapen saamgeneem het nie, maar aangenaam was my verrassing toe kaptein Martin Compion en sy assistentvlieënier, Morné Esterhuisen, my in hul heiligdom as \'n gas verwelkom.
Gewoonlik sit \'n ou maar agter in die vliegtuig en al wat jy van die vlieëniers weet is wanneer hulle aankondig: \"This is your captain speaking,\" en jy weet niks verder van die manne wat die joystick daar voor vashou nie.
Self nie \'n vreemdeling in die lug nie, was die eerste ding wat my getref het die jeugdigheid van die twee manne wat soveel lewens in hul hande hou. Martin is 37 en Morné \'n brose 32, maar die selfvertroue wat uit die twee jong manne straal, bring rustigheid in eie gemoed.
As hulle vir my gesê het hulle gaan daardie kolosale lugskip in \'n rivierloop land, sou ek rustig agteroor sit en \'n bier bestel sonder enige kommer, want ek weet nou die manne daar voor weet wat hulle doen. Hulle is nie net \"my captain speaking\" nie, hulle is manne van formaat.
Morné het die vliegtuig met \'n geringe beweging van die hand soos \'n droom op Jan Smuts lughawe neergesit soos ek en jy oor \'n koppie tee sit en gesels.
Come hell or high water, ek vlieg Air Namibia.

Soortgelyk

 

Voertuie deur Löwen meegesleur

12 ure gelede | Toerisme

Ronelle Rademeyer – Twee toeriste én 'n barmhartige samaritaan moes gister hulpeloos toekyk hoe beide hul voer­tuie deur vloedwater in die Löwenrivier meegesleur word.Dié twee...

Boer slag huurbeeste glo self

12 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh – 'n Boer uit die Windhoek-omgewing het Donderdag sy vierde verskyning in die landdroshof in Windhoek gemaak op aanklag dat hy 'n boer...

Weer vir 19 Januarie

12 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word oor die binneland verwag.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Namib en verre suide met 'n paar buie, andersins gedeeltelik...

Voëlgriep dalk in Namibië

12 ure gelede | Omgewing

Adam Hartman en Erwin Leuschner – Nadat voëlgriep in Suid-Afrika in die Wes-Kaap etlike maande gelede uitgebreek het, bestaan die vrees tans dat seevoëls langs...

Mense keer op keer uit riviere verskuif

12 ure gelede | Regering

Tanja Bause – Talle huise aan weerskante van 'n rivier wat parallel met Istanbulstraat in Otjomuise loop, het Sondagnamiddag oorstroom. Baie van die betrokke mense...

Pedofielsaak skuif na hoërhof

12 ure gelede | Howe

Kristien Kruger – Die vermeende pedofiel wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie jong seuns in Windhoek verkrag en vir pornografies doeleindes misbruik het, se...

Reënseisoen skop buitengewoon swak af

12 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Ofskoon Namibië se weerkantoor opnuut wydverspreide donderbuie vir vandag oor die binneland voorspel, het die eerste helfte van die reënseisoen “baie swak”...

Noorde wag vir reën

12 ure gelede | Weer

Terwyl die sentrale en suidelike gedeeltes van Namibië hoë neerslae die afgelope paar dae aangeteken het, moet die noorde van die land nog volgens die...

Verslag: Verskaffers het Agribusdev droog gemelk

12 ure gelede | Ministeries

Mathias Haufiku – ’n Forensiese verslag oor Agribusdev se sakebedrywighede voer aan verskaffers het voorkeurbehandeling ontvang om sake met die maatskappy te doen deur prysvasstellingstaktieke...