Coleman vlieg in vir Angola-wedstryde

07 April 2021 | Sport
Die Brave Gladiators se afrigter Robert Nauseb het sy mees hoëprofielspeler, Zenatha Coleman van Sevilla FC in Spanje, ingesluit in sy finale 23-tal wat Angola vanaand en Saterdag in twee vriendskaplike internasionale wedstryde takel.

Die afskoptyd vir beide die Namibiese vrouesokkerspan se wedstryde is om 15:00, hoewel onder die huidige Covid-19-regulasies geen toeskouers in die Sam Nujoma-stadion toegelaat word nie.

Die Namibiërs se voorbereiding het drie weke gelede begin. Hoofafrigter Nauseb sê die twee opwarmwedstryde is deel van die opbou na die Cosafa-toernooi en die kwalifiserende Wêreldbekerwedstryde later vanjaar.

“Dit was nie maklike besluitneming om die finale spelersgroep aan te wys nie. Al die spelers het hulle alles gegee en die vlak van toewyding is bemoedigend, maar uiteindelik was daar net vir 23 plek. Ons het opsies en dit is 'n goeie punt om vanaf vorentoe te beweeg.”

Coleman, die Gladiators se gereelde kaptein, kon eers nou by haar spanmaats aansluit vanweë haar klubverpligtinge in Spanje.

Spanbestuurder Sunny Maharero het bevestig dat die staatmaker-voorspelers vroeg vanoggend by die span sal aansluit.

Die Brave Gladiators se finale spelersgroep:

Doelwagters: Mellissa Matheus, Agnes Kauzuu, Lydia Eixas.

Verdedigers: Emma Naris, Veronika van Wyk, Selma Enkali, Lovisa Mulunga, Kamunikire Tjituka, Lydiana Nanamus, Iina Katuta.

Middelveldspelers: Milicent Hikuam, Thomalina Adams, Asteria Angula, Meltret Ujamba, Ivone Irene Kooper, Annouschka Kordom.

Voorspelers: Beverly Ueziua, Fiola Vliete, Memory Ngonda, Anna-Marie Shikusho, Precious Hambira, Zenatha Coleman, Juliana Blou.

– NFA.org.na

Soortgelyk

 

79 nuwe gevalle, een sterfte

16 minute gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer skuif met een, die van 'n 53-jarige vrou van Swakopmund, op tot 609. Vandag is 79 nuwe gevalle aangemeld waaronder 15 leerlinge...

LPM ruk op na NV

1 uur gelede | Politiek

Ondersteuners van die Landless Peoples Movement (LPM) is voor die hekke van die parlementstuine waar hulle 'n optog hou teen die verbod op hul leiers,...

RMB Song Night vier ’n dekade

3 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

3 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

5 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

6 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

7 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

16 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Sprinkane nou in 11 streke

16 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...