Coleman propvol doele
Coleman propvol doele

Coleman propvol doele

Sokker
Zenatha Coleman het twee doele vir haar spanmaats geskep en self ook een behaal toe haar Spaanse premierligaklub Valencia sy grootste oorwinning in twee jaar (6-0) Sondag teen Sporting de Huelva 6-0 opgestapel het.

Valencia het in die klub se tuiswedstryd in die Antonio Puchades-stadion sy string onoorwonne wedstryde tot agt laat aangroei. Huelva (elfde uit 16 spanne) is net-net bo die relegasiesone.

Coleman, die doelskieter van Namibië se Brave Gladiators, het in die 34ste minuut 'n doel vir haar spanmaat Debora geskep om die telling 2-0 te maak.

In die tweede helfte het Coleman se aangee 'n doel vir Carol moont­lik gemaak, voordat sy self twee minute later haar naam op die telbord geplaas het.

Coleman, wat die hele 90 minute gespeel het, spog nou met sewe doele in 22 wedstryde dié seisoen. Die vorige naweek het sy twee doele aangeteken tydens die sege met 2-0 teen Albacete.

Valencia bly agtste op die puntelys.

Valencia kom komende Saterdag teen Barcelona te staan, wat op 63 drie punte agter die voorloper Atletico Madrid is. – Goal.com

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!