Cohen in sy spore gestop
Cohen in sy spore gestop

Cohen in sy spore gestop

Vuisbal
Sportklub Windhoek (SKW) se eerste span het die afgelope naweek Cohen 1 se volgehoue bul­lopie van die afgelope 13 maande in die Bank Windhoek-reeks tot 'n einde gebring.

SKW 1 het Cohen 1 Saterdag in die finaal van die derde been by Swakopmund-vuisbalklub (SFC) geklop om dié klub se dominansie van meer as 'n jaar tot stilstand te bring.

SKW, met 32 punte op die ligaleer en wat die afgelope seisoen goeie vordering gemaak het, het met dié oorwinning verseker dat net twee punte hom en Cohen (34) skei wat steeds die eerste posisie beklee.

Agt spanne het op 'n rondomtaliegrondslag in twee groepe deelgeneem. Groep A het uit Cohen 1 en 3, SKW 2 en die Deutscher Turn und Sportverein (DTS) bestaan met SKW 1, Cohen 2 en SFC 1 en 2 in groep B.

Cohen 1 het al sy teenstanders in groep A geklop, terwyl SKW 2 'n tweede posisie inneem nadat hy DTS en Cohen 3 gestuit het. Cohen 3 eindig derde en DTS laaste in groep A.

In groep B is dit SKW 1 wat al sy wedstryde wen en die eerste plek inpalm om saam met SFC 1 'n plek in die semifinaal te bespreek. SFC 1 teken oorwinnings teen Cohen 2 en SFC 2 aan om die tweede plek in te neem met SFC 2 derde en Cohen 2 in die vierde plek.



Semifinale

In die oorkruis semifinale tussen groep A en B waar SKW 1 teen SKW 2 speel en Cohen 1 vir SFC 1 takel, spat die vonke behoorlik.

Cohen 1 klop SFC 1 met 2-0, terwyl SKW 1 sy stalmaat SKW 2 met dieselfde telling uitskakel.

In die eindstryd is dit SKW 1 wat verras om Cohen 1, die verdedigende kampioen, met 3-2 te ontnugter.

SKW 2 klop SFC 1 in die uitspeelwedstryd vir die derde plek. Cohen 2 eindig vyfde, DTS sesde met Cohen 3 en SFC 2 onderskeidelik sewende en agtste.

Perry Doberentz en Florian Mosich van SFC 2 is as die spelers van die dag bekroon.

Intussen het die Namibiese nasionale manspan ook nie stilgesit nie en het vir die komende wêreldkampioen­skap begin voorberei wat Augustus in Switserland gehou word.

Só het die spanne in Swakopmund geëindig: 1 SKW 1 (12), 2 Cohen 1 (10), 3 SKW 2 (8), 4 SFC 1 (6), 5 Cohen 2 (4), 6 DTS (2), 7 Cohen 3 (1), 8 SFC 2 (0).

Die huidige puntelys: 1 Cohen 1 (34), 2 SKW 1 (32), 3 Cohen 2 en SKW 2 (elk 20), 5 SFC 1 (11), 6 Cohen 3 (7), 7 DTS (3).

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!