Coega juig oor Gwede se gasplan
Coega juig oor Gwede se gasplan

Coega juig oor Gwede se gasplan

Francois Williams – Die Coega-Ontwikkelingskorporasie (COK) het die nuus verwelkom dat ’n aanleg vir die invoer van vloeibare aardgas (LNG) by Coega buite Port Elizabeth gebou gaan word.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, het verlede week in sy begrotingspos-toespraak oor energie gesê Coega is ’n ideale plek vir die invoer van LNG.

Die departement van energie het al in 2008 die Coega- Spesiale Ekonomiese Sone geïdentifiseer as een van die voorkeurliggings vir ’n gas-tot-kragprojek van meer as R25 miljard.

Dr. Ayanda Vilakazi, hoof van bemarking by die COK, sê die korporasie werk al die afgelope jare om die streek gereed te kry vir gasinfrastruktuur.

Mlungisi Mvoko, Oos-Kaapse LUR vir ekonomiese ontwikkeling, het in ’n verklaring gesê die Oos-Kaap sal steeds werk vir die bou van ’n nuwe olieraffinadery by Coega.

Dit kom ondanks Mantashe se opmerking in sy begrotingspos-toespraak waarin hy gesê het ’n nuwe olieraffinadery gaan by Richardsbaai gebou word, met die Saoedi-Arabiese staatsoliemaatskappy Saudi Aramco as die vennoot.

Die staatsbeheerde oliegroep PetroSA het aanvanklik groot planne gehad om ’n nuwe olieraffinadery by Coega te bou, maar besluite daaroor het vir jare gesloer namate PetroSA se geldsake begin verswak het.

Die planne vir die raffinadery was ook aanvanklik vir ’n vermoë van 400 000 vate per dag, wat later afgeskaal is tot onder 300 000.

PetroSA wou ook ’n invoer-aanleg vir LNG by Mosselbaai gebou het, maar omgewingsgroepe het ’n stokkie daarvoor gesteek. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!