CJ bedank as breier by Griekwas

10 January 2019 | Sport
Marnus Kok - Skaars twee maande nadat die voormalige Springbok-stut CJ van der Linde as Griekwas se voorspelerafrigter aangestel is, het hy sy bedanking ingedien.

Van der Linde (38), wat die Springbokke in 75 toetse op stut verteenwoordig het, het op 1 November diens by die Poubloues aanvaar.

Dít nadat Brent Janse van Rensburg, wat voorheen saam met dié oud-Bok die Pumas afgerig het, as Griekwas se nuwe afrigter in Peter Engledow se plek aangestel is.

Van der Linde het hom Maandag weer in Kimberley aangemeld nadat hy Allister Coetzee se Canon Eagles in Japan sedert November as skrumkonsultant bygestaan het.

Arni van Rooyen, uitvoerende hoof van die Griekwaland-Wes Rugbyunie, het bevestig dat Van der Linde die unie in Maart sal verlaat.

“Hy het onlangs 'n aanbod by 'n oorsese span ontvang wat hy voel hy nie van die hand kan wys nie.”

Van der Linde sê hy is teleurgesteld om ná so 'n kort dienstyd te bedank.

“Dit maak my hartseer dat ek moet bedank voordat ek 'n geleentheid gehad het om met die groep spelers te werk. Hoewel dit 'n baie moeilike besluit was om te neem, was my familie se toekoms die bepalende faktor.”

Dit is bekend dat Van der Linde as skrumafrigter hoog aangeslaan word. Ná sy speeldae het hy die Franse klubspan Montpellier in dié aspek van die spel bygestaan, voordat hy die pos by die Pumas aanvaar het.

Van der Linde se vertrek bring mee dat die Poubloues se afrigting vir eers man-alleen deur Janse van Rensburg behartig sal moet word, aangesien 'n agterlynafrigter ook nog nie aangewys is nie. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati

3 ure gelede | Plaaslik

Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.Volgens inspekteur Thomas...

Olifante beskadig optiese kabels naby Khorixas

4 ure gelede | Plaaslik

‘n Trop olifante het inwoners in die Noorde van die land sonder landlyn- en selfoonverbinding gelaat, nadat die optiese kabel tussen Omatjete en Khorixas Donderdagmiddag...

Skietklub lê weer aan

6 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Mnr. Norman Tjombe, die regsverteenwoordiger van die Rehoboth-skietklub, het vanoggend (Vrydag) bevestig sake is terug na normaal.Dít kom nadat die Namibiese weermag...

'Boere se veglus verdwyn'

16 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer en Elvira Hattingh - Twee bekende boere van die Suide sê die droogte het boere op hul knieë.“Ek was gister by ’n veiling...

Egpaar herontdek skaars plantjie

16 ure gelede | Omgewing

Denver Kisting – ’n Dekaan by die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust), dr. Rolf Becker, en sy vrou, me. Alma Moller, het verlede...

Kalender 18 Januarie

16 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) bied met trots Unam se beeldende kunste-uitstalling vir 2018 aan. Dié uitstalling is tans...

'DRK maak staat op ons'

16 ure gelede | Politiek

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die...

Operasie Hornkranz: Meer misdaad aangemeld

16 ure gelede | Misdaad

Augetto Graig Die Namibiese polisie het Woensdag by die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia terugvoering gegee aan die visepresident, mnr. Nangolo Mbumba, en die...

Weer vir 18 Januarie

16 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die //Kharasstreek, andersins gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar tot geïsoleerde donderbuie in...