Cites-beraad na Genu00e8ve verskuif
Cites-beraad na Genu00e8ve verskuif

Cites-beraad na Genève verskuif

Ná die terreuraanvalle op Paassondag in Sri Lanka vind die uitgestelde 18de Cites-konferensie nie meer in Colombo plaas nie.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die Konvensie vir die Handel in Bedreigde Spesies (Cites) se 18de beraad is weens veiligheidsredes van Colombo in Sri Lanka na die Switserse stad Genève verskuif.

Die sekretaris-generaal van Cites, me. Ivonne Higuero, het in ’n mediaverklaring gesê weens die terreuraanvalle op Paassondag in Sri Lanka sal die 18de vergadering van partye (CoP18) nou van 17 tot 28 Augustus by Cites se hoofkwartier in Genève plaasvind. Die amptelike opening sal op 18 Augustus plaasvind.

CoP18 sou van 23 Mei tot 3 Junie in Sri Lanka se hoofstad, Colombo, plaasgevind het, maar ná die aanvalle op kerke en ander aanbiddingsplekke op 21 April, wat die lewens van meer as 350 mense geëis het, is dit aanvanklik na ’n latere datum uitgestel.

“Ons betuig ons medelye met die mense van Sri Lanka oor die impak wat die gruweldade op hulle gehad het,” het Higuero gesê.

Cites se sekretariaat het in April gesê hy wil nie duisende deelnemers aan die beraad se lewens in gevaar stel nie, en het middel Junie aangekondig CoP18 is weens veiligheidsredes na Genève verskuif.

“Ons het hierdie besluit ná ernstige oorweging en diep gesprekke met die regering van Sri Lanka geneem. Nadat ons ’n verslag van die Verenigde Nasies se departement van veiligheid en sekuriteit oor die situasie in Sri Lanka ontvang het, het ons besluit om die beraad te skuif,” het Higuero gesê.

“Die buitengewone omstandighede verg groot opoffering van die sekretariaat. CoP18 kan egter nie langer uitgestel word nie, omdat belangrike besluite oor die handel in wildlewe geneem moet word.”

Volgens die verklaring sal die uitgestelde beraad baie kleiner en eenvoudiger wees en lidlande sal geld vir moderne toerusting soos groot videoskerms moet bewillig.

SHIFETA LEI NAMIBIë

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, sal die Namibiese afvaardiging na Genève lei.

Namibië is een van 90 lande wat 57 voorstelle vir Cites se CoP18 voorgelê het. Namibië versoek onder meer dat sy witrenosterbevolking van Lys I (Appendix I) tot Lys II (Appendix II) verander word om spesifiek toegelaat te word om in lewende witrenosters handel te dryf.

Voorstelle vir groot, ikoniese soogdiere is gewoonlik in omstredenheid gehul. Een so ’n omstrede voorstel van verskeie Afrikalande is om olifante in Namibië, Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe van Lys II na Lys I te verander, ’n skuif om “eenmalige” ivoorverkope in die toekoms moontlik te maak.

Die Cites-beraad vind elke drie jaar plaas, waartydens handelsreëls verander word.

Die lys van ’n spesie in Lys 1 verhoed alle kommersiële internasionale handel, terwyl spesiale permitte geld vir handel in die spesies wat in Lys II gelys is.

Die kwessie oor die ophoop van wildprodukte en hoe om dit te bestuur, sal een van vele implementeringsuitdagings van CoP18 wees.

Ander kwessies is die opsporing van wildprodukte deur handelskettings, en verdere maatreëls om spesies te reguleer wat in aanhouding geteel word.

Pogings om verbruikersaanvraag vir spesifieke wildprodukte te verminder, sal ook aangewend word om onwettige wildhandel te voorkom.

Dit sal die finale Cites-beraad wees voor lande in 2020 in Beijing, China, vir die Konvensie oor Biologiese Diversiteit sal byeenkom.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.62 | EUR to NAD 20.34 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.97 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.1 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 394.96/OZ UP +0.63% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.35% | Zinc US$ 2 869.40/T UP 1.69% | Brent Crude Oil US$ 87.71/BBP UP +0.64% | Platinum US$ 929.97/OZ DOWN -0.0067