Christo Wiese nie meer op Forbes-lys van rykes

09 March 2018 | Sakenuus
Bill Gates, wat vier jaar na mekaar volgens die Forbes-lys die rykste man in die wêreld was, is vanjaar onttroon deur Jeff Bezos, die stigter van Amazon.

Gates, stigter van Microsoft, is nou tweede op die lys.

Bezos is die eerste miljardêr op die Forbes-lys wie se fortuin meer as US$100 miljard is, met sy rykdom wat op US$112 miljard staan. Dit het in die afgelope jaar met US$39 miljard gegroei, die grootste styging ooit op die Forbes-lys.

Gates is nou US$90 miljard werd en Warren Buffet, van Berkshire Hathaway, is derde met US$84 miljard.

In die vierde plek is die Fransman Bernard Arnault en sy familie (US$72 miljard) wat 70 luukse handelsmerke onder LVMH besit, onder meer Louis Vuitton, Sephora en die meeste van Christian Dior. Mark Zuckerberg, uitvoerende hoof van Facebook, is op sy hakke met US$71 miljard.

Daar is slegs twee vroue onder die top-20: Alice Walton op nr. 16 (US$46 miljard), die enigste dogter van die Walmart-stigter Sam Walton, en Françoise Bettencourt Meyers en familie op nr. 18 (US$42,4 miljard). Sy was die enigste erfgenaam van Liliane Bettencourt, wat die L’Oreal-sakeryk by haar pa geërf het. Bettencourt Meyers en haar familie besit 33% van L’Oreal, sy dien steeds op die direksie en is die rykste vrou in Europa.

Daar is 2 208 miljardêrs van 72 lande op die lys en vanjaar het ’n Zimbabwiër, Strive Masiyiwa, die eerste keer die lys gehaal. Masiyiwa (56) het Zimbabwe se WiFi- en selfoonmaatskappy Econet gestig.

Donald Trump, die Amerikaanse president en sakeman, het meer as 200 plekke afgeskuif van nr. 544 tot nr. 766 en sy fortuin staan nou op US$3,1 miljard (US$400 miljoen minder).

Drie Suid-Afrikaners wat in 2017 op die lys was, het dit nie in 2018 gehaal nie.

Christo Wiese van Pepkor-, Shoprite- en Steinhoff-faam, was verlede jaar die derde rykste man in Suid-Afrika op nr. 269. Nadat ongerymdhede met Steinhoff International se boeke einde verlede jaar aan die lig gekom het, het die aandeelprys al met meer as 90% gedaal en Wiese het as voorsitter bedank. Verlede jaar was hy US$5,6 miljard werd en volgens Forbes staan hy nou op US$600 miljoen.

Allan Gray, stigter van die beleggingsmaatskappy Allan Gray, het ook van die lys af verdwyn, sowel as Jannie Mouton, die stigter van die PSG Groep.

Koos Bekker (US$2,6 miljard), die voorsitter van Naspers, is nou die derde rykste man in Suid-Afrika en het van nr. 973 tot nr. 924 geklim.

Nicky Oppenheimer en sy familie is steeds die rykstes in Suid-Afrika, hoewel hul fortuin gekrimp het en hulle twee plekke afgeskuif het na nr. 202. Oppenheimer, wat voorheen De Beers-diamante besit het, besit nou 1% van Anglo American en is US$7,7 miljard werd.

Johann Rupert, die voorsitter van Compagnie Financiere Richemont wat die luukse handelsmerke Cartier en Montblanc besit, is die tweede rykste man in Suid-Afrika op nr. 228. Sy rykdom het gegroei van US$6,1 miljard tot US$7 miljard. Sy pa, Anton, het die Rembrandt Groep gestig.

Nóg ’n Suid-Afrikaner wat aansienlik op die lys geklim het, is Patrice Motsepe, pres. Cyril Ramaphosa se swaer en stigter van African Rainbow Minerals. Motsepe het van die 1 162ste plek tot nr. 1 020 geskuif en sy fortuin het van US$1,6 miljard in 2017 tot US$2,6 miljard toegeneem.

Die Suid-Afrikaanse stigter van Aspen Pharmacare, Stephen Saad, het van nr. 1 678 tot nr. 1 867 geval en sy fortuin staan nou op US$1,25 miljard.

Al tien die Saoedi-Arabiërs wat verlede jaar op die lys was, het dit nie vanjaar gemaak nie. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

1 dag gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

1 dag gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

1 dag gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...