Christchurch-krisis help Namibiu00eb
Christchurch-krisis help Namibiu00eb

Christchurch-krisis help Namibië

’n Gesin het ná vier jaar in die buiteland met ’n omgeevrag teruggekeer.
Denver Kisting
Denver Kisting – ’n Namibiese egpaar wat Nieu-Seeland toe is vir nagraadse studie het met meer as doktorsgrade teruggekeer.

Dr. Rosa Persendt vertel by navraag: “Dis ’n storie van hoop, veerkragtigheid en vrygewigheid.”

Sy en haar man, dr. Frans Persendt, en hul twee dogters, Nicole en Olivia, het in Januarie 2012 in Christchurch aangekom.

Dit was kort ná ’n verwoestende aardbewing die Canterburystreek lamgelê het.

Nagenoeg 185 mense het tydens dié aardbewing in 2011 omgekom.

Dr. Rosa Persendt sê die gesindheid van die mense te midde van die ellende het hulle baie ontroer.

“Die gemeenskap het sterk gestaan, en deur alles nog aan ander gedink,” sê sy.

Dit wat ná die natuurramp van ’n plaaslike skool, Laerskool Wainoni, oorgebly het, moes platgeslaan word, vertel sy. “Maar voor die skoolgebou platgeslaan is, is ek en my man gevra of ons die biblioteek se boeke kon gaan haal om met kinders in Namibië te deel.

“Ons was dankbaar vir dié gawe gebaar en het ons kar verkoop en ’n vraghouer aangeskaf om die aflewering moontlik te maak.”

Dit was egter nog nie die einde van Christchurch se ruimhartigheid nie, vertel sy.

“Die omgeeharte van die mense van Christchurch is uitgebrei met klere en speelgoed – alles gepak deur lede van die gemeenskap.”

Sy sê dit was geen maklike taak om die besending in Namibië te kry nie.

“In terme van logistiek was die proses ’n uitdaging om die minste te sê, maar ons het net een in ding in gedagte gehad – dat Namibiese kinders die boeke lees en met die speelgoed speel en die klere dra.”

Met behulp van Namport en die ministerie van finansies se doeane het die vrag vol vrygewigheid heelhuids in die land aangekom en kon die Persendts uiteindelik verlede week die besending aan die Dolam Children’s Trust oorhandig.

“Ons wil graag ook dr. Garth en Elizabeth Gant, ons mentors in Christchurch, die Christchurch West Methodist Church, Lesley en Stefanja Potgieter, en die Geografiedepartment aan die Canterbury-universiteit bedank.”

Frans, wat al 25 jaar by die Universiteit van Namibië (Unam) klasgee, het ook ’n doktorsgraad in geoinformatiese stelsels, en Rosa, wat een jaar minder in die Unam-tuig is, in mediese antropologie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!